Droombegin!

2012-12-22 23:57

Dit was die soort begin waaroor elke kaptein droom, maar Faf du Plessis se eerste wedstryd aan die stuur van die Proteas se blitsspan “was net die begin”.

Du Plessis se bloedjong elftal het eergisteraand in Durban die eerste van drie T20-wedstryde teen die Kiwi’s met agt paaltjies gewen.

Tog het dié 28-jarige Pretorianer gister gewaarsku dat sy span nóg beter kan.

Chris Morris, Quinton de Kock en Henry Davids het al drie hul buiging op Kingsmead gemaak – en al drie sou meer as tevrede kon wees met hul eerste vertoning in die Groen en Goud.

Morris het boulsyfers van 2/19 behaal, terwyl Davids ’n wankelende Protea-beurt (ná die vroeë verlies van Richard Levi) help red het met sy 20 lopies.

’n Onoorwonne 28 deur De Kock – in ’n flink vennootskap met Du Plessis (38*) – het die tuisspan in net die 13de beurt verby die Swartpette se skrale 86 gehelp.

Rory Kleinveldt is as die speler van die wedstryd aangewys vir sy 3/18, terwyl Robin Peterson die suinigste boulsyfers tot nóg toe deur ’n Suid-Afrikaner in blitskrieket behaal het.

Sy 2/8 (in vier beurte) het so byna toegesien dat die Kiwi’s “verbeter” op hul swakste T20-telling ooit – 80.

“Net mooi alles het volgens plan verloop en as kaptein kon ek nie vir beter gevra het nie,” het Du Plessis gesê.

“My boulveranderinge het gewerk en elkeen van die ouens het paaltjies platgetrek toe hulle moes.

“Ons het Nieu-Seeland reg van die begin af onder druk geplaas en ons veld- én kolfwerk was ook uitstekend.”

Hy het erken dat die Kingsmead-kolfblad sake vir sy span vergemaklik het.

“Die toestande was nie maklik nie en as hulle 120 of 130 aangeteken het, kon dinge baie anders gelyk het.”

Volgens Du Plessis sal sy span nóg beter moet vaar, wanneer hy die besoekers vandag op Buffalopark in Oos-Londen vir die tweede keer die stryd aansê.

“Dit was ’n droombegin, maar ons het ’n baie hoë standaard gestel en ons móét dit handhaaf. Of ons dít kan doen, sal bepalend wees vir die res van die reeks.”

* Intussen sal Morris die res van die reeks misloop weens ’n dyspierbesering én word Dale Steyn ’n blaaskans gegun. Morné Morkel sal hom vandag by die groep aansluit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 11-17°C High level clouds. Cool. Pta: 7-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 11-24°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.