Elgar geweeg in kitsreeks

2012-08-18 23:11

Die komende eendagreeks tussen Suid-Afrika en Engeland, wat Vrydag in Cardiff begin, kan die afskop van ’n glorieryke internasionale eendag-loopbaan vir Dean Elgar wees.

Met Jacques Kallis wat ’n ruskans kry, kan dié 25-jarige hotklou sy gróót kans op nommer 3 in die kolfvolgorde kry.

Vir Gary Kisten is dié reeks van vyf wedstryde juis nóg ’n bouproses om sy regte kombinasie te vind – en die insluiting van Elgar is ’n stap in die regte rigting.

Suid-Afrika en Engeland is saam in die derde plek op die eendag-ranglys, net agter Australië en Indië.

Engeland het egter onlangs heelwat sukses in die korter weergawe van die spel gehad onder die kapteinskap van Alistair Cook. Net voor die Suid-Afrikaners hier aangekom het op hul toer, het die Engelse die Aussies kafgedraf in hul reeks van vyf stryde – én dit baie oortuigend gedoen.

Voor dit is die Wes-Indiese Eilande uit die pad gevee – en die Engelse gaan dus stert in die lug wees wanneer die gekleurde klere uitgehaal word.

Ryan McLaren, Justin Ontong en Wayne Parnell sluit hulle ook nou saam met Elgar by die groep aan, terwyl Robbie Peterson, Lonwabo Tsotsobe en Albie Morkel – wat wel deel van die toetsgroep was, maar net in van die tweedaagse toerwedstryde speelkans gekry het – sal ook nou in die prentjie kom.

Faf du Plessis het hom nou al gevestig in die eendagspan, hoewel daar nog nie altyd sekerheid is wat sy beste kolfposisie is nie.

Hy is egter een van daardie veelsydige kolwers wat nie net die beurt kan open nie, maar ook enige plek tot nommer 6 gebruik kan word.

Terwyl Tsotsobe hom ingegrawe het as een van die voorste eendagboulers ter wêreld, is die ander hotklou-snelbouler in die groep, Parnell, nog maar eintlik iemand wat half aan die buitekant van sake staan en hom nog nie kon vestig nie.

Vir Elgar sal dit ’n groot kans wees om sy voet in die deur te kry. Hy sal dalk as nommer 3 in die kolforde ingespan word – en met sy draaiers kan hy ’n rol as veelsydige speler vervul.

Kirsten sal hierdie reeks uiteraard ook gebruik as ’n geleentheid om hom te vergewis van wie sy beste boulkombinasie is en wie die beste geskik is om die nuwe bal te neem en ook aan die einde van die kolfbeurt te boul.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-14°C Numerous showers. Morning clouds. Cool. Pta: 7-26°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 9-20°C Sunny. Mild. Bfn: 3-15°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 12-23°C More sun than clouds. Mild. PE: 10-21°C Rain late. Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!