Gary se groenes

2012-01-28 23:14

Twee groentjies en een van Suid-Afrikaanse krieket se “verlore seuns” moet in Nieu-Seeland antwoorde op die tergende vrae in die Proteas-kamp verskaf.

Hoewel die nasionale keurders vandeesweek geweier het om versigtigheid oorboord te gooi (met die insluiting van die sukkelende Graeme Smith en Mark Boucher), het hulle tóg verras deur Marchant de Lange, Richard Levi en Justin Ontong te kies vir dié reeks van drie toets-, drie eendag- en drie Twintig20-wedstryde.

De Lange, wat laas maand in Durban sy toetsbuiging gemaak het teen Sri Lanka, is wéér in dié groep en behoort boonop sy eerste proesel van internasionale blitskrieket te kry.

Dié 21-jarige Tzaneen-blits het die Sri Lankane op Kingsmead disnis geboul, maar hy moes in die daaropvolgende toets in Kaapstad koeldrankies aandra toe Vernon Philander van ’n kniebesering herstel het.

De Lange se kans om op die Kiwi-kolwers losgelaat te word, sal dié keer grootliks afhang van die spelpeil van die Pro­teas se derde keuse sneller, Morné Morkel.

Dié Pretoriase hemelbesem beleef ’n wisselvallige seisoen en verkeer toenemend onder druk weens die meteoriese opgang van De Lange en veral Philander.

* Terselfdertyd sal Levi saamtoer as Hashim Amla se nuwe Twintig20-aanvangsmaat, nadat Smith die trekpas gekry het in dié weergawe.

Levi (24) het boulers behoorlik die skrik op die lyf gejaag in vanjaar se plaaslike Eendagbeker-reeks en beskik oor die vermoë om homself ook op die wêreldverhoog te vestig as ’n kanonkolf van formaat.
Dié bonkige Kapenaar is aan die einde van verlede jaar by die einste groep vir die reeks teen Australië ingesluit, maar hy het nooit speelkans gekry nie.

* Ontong is herroep tot die eendag- en Twintig20-spanne ná ’n afwesigheid van meer as twee jaar – volgens Andrew Hudson, die nasionale keurderbaas, weens sy voortreflike kolfpeil in die Eendagbeker- en SuperSportreekse, asook sy veelsydigheid.

“Ek was baie verbaas toe ek hoor ek is gekies, al het ’n klomp mense gesê ek is naby aan die toergroep,” het Ontong vandeesweek aan cricinfo.com erken.

“Ek hoop ek kan my tweede kans aangryp, want dié keer is ek veel meer ervare en ná die afgelope seisoen is my selfvertroue hoër as ooit.”

Dié 32-jarige Paarliet, met wie die keurders in die verlede gereeld klimtol gespeel het, sal in die eendagspan meeding om ’n middelorde-plek met huidige uitverkorenes soos Faf du Plessis en JP Duminy.

“Destyds het ek nooit werklik geweet waar ek staan of wat van my verwag word nie,” het Ontong gesê.

“Só is ek in my enigste twee toetse éérs as ’n kolwer en toe as ’n bouler gekies.

“As ’n speler nie weet hoe hy ingespan gaan word nie, kan hy nie sy beste gee nie – en hopelik is dinge dié keer anders.”

Hoewel Ontong homself opnuut in die korter weergawes van die spel sal moet bewys, het hy nog lank nie sy droom van ’n gereelde Proteas-toetsplek laat vaar nie.

En diegene wat meen hy is reeds oor die muur, maak ’n groot fout.

“Ek wil baie graag weer toetskrieket speel – en as ek goed genoeg kan vaar in dié reeks in Nieu-Seeland, kan ek dalk oorweeg word,” het hy gesê.

“In Suid-Afrika dink mense dalk jy is op 32 al klaar te oud, maar Australië het in die verlede gewys ’n speler is eers op sy beste wanneer hy in sy 30’s is.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i Raider LWB RB MY02
2004
R 129,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.