Hartseer Elgar beseer, uit eendagreeks

2012-01-07 23:10

Die belowende hotklou-kolwer Dean Elgar se Protea-drome lê aan skerwe weens ’n kniebesering.

Elgar het die besering Vrydag in Kimberley in die Knights se SuperSport-wedstryd teen die Cape Cobras opgedoen.

Hy was een van twee nuwelinge in die nasionale groep vir die eerste twee wedstryde van die kitsreeks teen Sri Lanka.

Elgar sal in alle waarskynlikheid ’n operasie moet ondergaan, wat beteken dat hy dalk nog ’n hele ruk sal moet wag om weer oorweeg te word.

“Dit was vir my net so ’n skok soos vir almal. Dis sommer goor,” sê Elgar, wat gister op die laaste dag reeds terug Bloemfontein toe gestuur is.

Hy was oor die jare geduldig en het geglo sy kans sal kom as hy volhard.

Elgar (24) is toe beloon, nadat hy dié seisoen die top-kolwer (meeste lopies én beste kolfgemiddeld) in die plaaslike eendagreeks was.

Hy het werklik uitgesien om sy droom te verwesenlik – hy was vol planne om tydens vandeesweek se wedstryd in Kimberley bykomende skaafwerk in die nette te gaan doen.

Hy sal nou nie môre saam met die nasionale groep kan saamtrek nie.

Elgar sê hy het die besering opgedoen toe hy geboul het, tussen aflewerings toe hy gebuk het om die bal op te tel.

“Ek dink dit was met die vierde bal van die boulbeurt. Toe ek buk, toe voel ek daar gaan iets.”

Dié draaier het nog ’n bal afgestuur, maar het toe nie die boulbeurt voltooi nie. Hy het ná die vyfde bal van die veld af gestap. Die span se fisioterapeut se aanvanklike bevinding was dat hy sy knieskyf (meniskus) beseer het.

Een van die nasionale keurders, Corrie van Zyl, het die wedstryd bygewoon.

Elgar het die keurderbaas Andrew Hudson ook gister gekontak om hom van die toedrag van sake te verwittig.

Elgar het Dave Miller in die nasionale groep vervang.

Die Proteas se bestuurspan het gister nog gewag op ’n mediese verslag omtrent Elgar se besering.

Elgar was by ’n dokter, maar die spesialis wat gewoonlik betrek word met kniebeserings was nie beskikbaar nie.

Die ideale plaasvervanger vir Elgar sou Colin Ingram wees, wat die afgelope ruk uitstekend op dreef vir die Warriors was. Ook hý sit met ’n besering. Hy het sy skouer vandeesweek in Benoni in die wedstryd teen die Titans beseer. Hy het negende in hul eerste beurt gekolf maar gister weer vyfde.

Die internasionale kitsreeks begin Woensdag in die Paarl.
Die insluiting van die gevreesde snelbouler Lasith Malinga in die toerspan se groep kan die SA kolwers laat rondskarrel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 185,995.00

FORD

Fiesta Flair 1.4i 5-dr AC MY99
2005
R 85,000.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.