KSA kry nuwe baas

2013-02-03 00:57

Chris Nenzani van Grens is die land se nuwe krieketbaas – en die omstrede Norman Arendse se terugkeer na dié sport is voltrek.

Nenzani is gister as president van Krieket Suid-Afrika (KSA) verkies tydens dié beheerliggaam se jaarvergadering op die Wanderers. Hy sal ook dien as die voorsitter van die bestuursraad, wat bestaan uit sewe nie-onafhanklike en vyf onafhanklike direkteure.

Die samestelling van die bestuursraad is losweg geskoei op die bevindinge van ’n ministeriële komitee, wat verlede jaar gelas is om ondersoek te doen na KSA se geldsake in die nadraai van die bonusskandaal.

Die bevindinge van dié komitee, onder leiding van oudregter Chris Nicholson, het vroeër die kop van Gerald Majola as uitvoerende hoof laat rol, maar van Nicholson se aanbeveling om ’n totaal onafhanklike raad aan te stel, het dadels gekom.

Dít nadat die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese komitee (Saskok) KSA einde verlede jaar met skorsing gedreig het “omdat ’n sportliggaam deur sportmense gelei moet word”.

Peter Cyster van Boland is op dieselfde vergadering verkies as vise-president, met Andy O’ Connor van Oostelikes, Beresford Williams van die Westelike Provinsie, Graeme Sauls van die Oostelike Provinsie, Fa-eez Jaffar van KwaZulu-Natal en Rihan Richards van Griekwas die ander nie-onafhanklike direkteure.

Nenzani het gister gepleit dat die land se krieketondersteuners “geduldig” moet wees.

“’n Jaar gelede was KSA in chaos gedompel, maar vandag kan ek sê die ergste is verby,” het Nenzani gesê.

“Ons moet nou sorg dat die spelers al die aandag kry en dat die administrateurs in die agtergrond bly...soos dit hoort. Daar is nog ’n lang pad wat voorlê en daarom wil ek vra dat Suid-Afrikaners geduldig sal wees en ons ’n kans gee om hul vertroue te herwin.”

Arendse, wat in September 2008 bedank het as KSA-president ná ’n onstuimige termyn van net meer as ’n jaar, is gister as een van die onafhanklike direkteure verkies.

Louis von Zeuner, Dawn Mokhobo, Vusi Pikoli en Mohamed Iqbal Khan is die ander onafhanklike direkteure.

* Intussen verneem Rapport dat tot 30 aansoeke reeds ontvang is vir die pos van KSA se uitvoerende hoof.

Haroon Lorgat, gewese uitvoerende hoof van die Internasionale Krieketraad, is die gunsteling.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Afternoon clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.