Mbalula: Majola is desperaat

2012-10-13 22:52

Gerald Majola se besluit om uit sy tugverhoor te stap én sy gevolglike dreigement om Krieket Suid-Afrika (KSA) in die arbeidshof te pak, “wys hoe desperaat dié geskorste krieketbaas nou is”.

Só het die sportminister, Fikile Mbalula, teruggekap nadat Majola Woensdag uit KSA se kantore in Johannesburg gestorm het op die eerste dag van die verhoor, wat reeds maande lank sloer.

Majola is in Maart geskors as KSA se uitvoerende hoof weens die sowat R1,8 miljoen se ongemagtigde bonusgeld wat hy ontvang het vir die aanbieding van die Indiese Premierliga-toernooi en die Kampioenetrofee-reeks in 2009.

’n Ondersoekkomitee, onder leiding van oudregter Chris ­Nicholson, het bevind Majola het die Maatskappywet oortree deur dié bonusse nie te verklaar nie.

Majola het Woensdag gedreig om KSA na die arbeidshof te sleep, aangesien Mbalula “sy mandaat oorskry het” met die aanstelling van die Nicholson-komitee.

Hy het Mbalula ook vergelyk met die destydse apartheidsminister John Vorster.

“Dié vergelyking is belaglik en verdien om met minagting verwerp te word,” het Mbalula gesê.

“Hy (Majola) het homself nou gewend tot kinderagtige beledigings, nadat al sy pogings om die tugverhoor vry te spring, van die hand gewys is.

“Ons het beter verwag van hom, maar sy desperaatheid is nou duidelik.”

Majola, wat steeds ’n salaris van meer as R150 000 per maand verdien, het vroeër ’n spesiale pleit gerig aan Karel Tip, die voorsitter van die tugkomitee, om dié verhoor te laat vaar.

Dié pleit is egter van die hand gewys en Majola sal nou in sy afwesigheid verhoor word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-16°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-14°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.