My eie skuld, sê AB

2011-12-17 23:08

As hy nie swak aflewerings grenstou toe kan jaag nie, verdien hy nie ’n honderdtal nie.

Só het ’n beskeie AB de Villiers aan Rapport gesê, kort nadat hy eergister op dramatiese wyse ontneem is van ’n 13de toetshonderdtal in die eerste van drie kragmetings met Sri Lanka.

De Villiers is met sy telling op 99 lopies uitgevang deur die besoekers se plaasvervanger-veldwerker, Dimuth Karunaratne, van die boulwerk van Thisara Perera – nadat dié bydrae ’n wankelende Protea-kolfbeurt weer op koers gekry het.

Hoewel ’n TV-kykweer gewys het dat die bal moontlik voor Karunaratne grondgevat het, het dié blondekop Suid-Afrikaanse onderkaptein teruggestap kleedkamer toe sonder om gebruik te maak van die omstrede skeidsregter-verwysingstelsel.

Verskeie witjas-beslissings is reeds só op die eerste paar dae van dié toets verkeerd bewys, maar volgens De Villiers was Karunaratne se woord genoeg.

“Nee wat, ek is nie spyt dat ek dit nie verwys het nie, want hy (Karunaratne) het gesê hy het die bal gevang – en ek glo nog altyd dat die veldwerker beter as enigiemand anders sal weet,” het De Villiers gesê.

“Statistieke is belangrik en natuurlik sou ek graag ’n honderdtal wou kry, maar ek moes daardie bal vir vier geslaan het.

“Dit was ’n swak hou en dis net my eie skuld dat ek nie daar uitgekom het nie.”

Volgens hom was dié beurt steeds een van sy bestes – selfs al het hy net-net kort van die driesyfer-kerf gedraai.

“Dis nie die maklikste kolfblad waarop ek al gespeel het nie en daarom was dit belangrik om minstens een groot vennootskap te behaal,” het De Villiers gesê.

Terselfdertyd het Marvan Atapattu, die Sri Lankaanse kolfafrigter, gekap na die SuperSportpark-kolfblad waarop sy span in húl eerste poging net 180 kon vermag.

“’n Mens hoop maar altyd vir ’n regverdige blad wanneer jy teen ’n sterk span soos Suid-Afrika speel,” het Atapattu gesê.

“Gewoonlik is dit op dag twee heelwat makliker om op ’n blad te kolf as op dag een, maar dit was glad nie die geval nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 185,995.00

FORD

Fiesta Flair 1.4i 5-dr AC MY99
2005
R 85,000.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.