Politiek, tweespalt in Krieket SA laat Faul bedank

2012-07-07 22:45

Jacques Faul gaan níé sy bedanking as Krieket Suid-Afrika (KSA) se waarnemende uitvoerende hoof terugtrek nie, nadat politieke inmenging en erge tweespalt binne dié beleërde beheerliggaam sy reddingstaak “onmoontlik” gemaak het.

Faul, wat vier maande gelede in die plek van die geskorsde Gerald Majola aangestel is, het Donderdag skielik bedank – tog het KSA geweier om dit te aanvaar.

Dié organisasie het hom tot Vrydag kans gegee om te herbesin, wanneer sy uitvoerende raad in Johannesburg vergader.

Hoewel Faul dié bewerings by navraag nie wou bevestig óf ontken nie, verneem Sport24 dié voormalige snelbouler gaan nie van plan verander nie.

Hy sal binnekort sy verpligtinge as uitvoerende hoof van Noordwes hervat, terwyl sy toekomstige betrokkenheid by die Internasionale Krieketraad (IKR) se akademie in Dubai ook nie uitgesluit kan word nie.

Onder sy leiding het KSA, wat die afgelope anderhalfjaar borg­loos was, pas ’n ooreenkoms van nagenoeg R240 miljoen met die versekeringsreus Momentum gesluit én verlede week die regte bekom om vanjaar se skatryk Kampioeneliga-toernooi in die land aan te bied.

“Ek glo KSA het die afgelope vier maande groot treë gegee op die herstelpad en hy het oorgenoeg sterk leiers om hom vorentoe te neem,” het Faul aan Sport24 gesê.

“Dié mense moet egter toegelaat word om hul werk te doen, met die volle vertroue en ondersteuning van die uitvoerende raad en sonder enige politieke inmenging.”

Dié liggaam sal nou na sy derde grootbaas in byna soveel maande moet soek – en die naam van Corrie van Zyl, ’n voormalige Proteas-afrigter, word genoem as ’n moontlike opvolger tot KSA se algemene jaarvergadering in September.

Haroon Lorgat, wat onlangs weggestap het van sy pos as die IKR se uitvoerende hoof, is die groot gunsteling om dan voltyds oor te neem.

Aan Sport24 is gesê die werksverhouding tussen Faul en Willie Basson – wat van meet af “gespanne” was – het die afgelope week glo onherstelbaar verbrokkel.

Basson, die voorsitter van KSA se transformasiekomitee, is in Maart ook as die waarnemende president aangestel ná die bedanking van AK Khan. Hy het na bewering “algaande meer ingemeng” met Faul se operasionele taak en het die afgelope ruk glo ook “as die regering se mondstuk opgetree”.

Na verneem word was die laaste strooi ’n brief waarin Greg Fredericks,’n parlementslid en vroeër die hoofdirekteur van die sportministerie, die afgelope week vir KSA gelooi het oor sy beweerde “gebrek aan transformasie”.

Daarin vergelyk hy dié liggaam onder Faul glo met die destydse apartheidsregime en sê KSA het agteruit gegaan wat transformasie betref.

Intussen het die Proteas, wat gister in Londen aangekom het vir ’n reeks toets-, eendag- en Twintig20-wedstryde teen Engeland, by monde van die Suid-Afrikaanse Spelersvereniging (Saca) gepleit dat Faul vir dié liggaam behoue bly.

Volgens Tony Irish, Saca se uitvoerende hoof, het Faul “?’n leidende rol” gespeel in pogings om krieket tot sy vorige glorie te herstel.

“Ons het net begin voel dat krieket weer op die regte pad is. Ons kan nie nóg ’n terugslag bekostig nie. Die Proteas is siek en sat vir die politiekery, die binnegevegte en die feit dat krieket weer in die nuus is om al die verkeerde redes – dít, aan die vooraand van ’n belangrike toer,” het Irish gesê.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-24°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 10-19°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 8-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Mostly sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!