Pro20-halfeind:Aspoesters stel sterre in skadu

2010-03-06 19:57

Rusty Theron

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

eduan.roos@sport24.co.za

Pakdonkies 2, renperde 0.

Dít, in ’n neutedop, is die verhaal van vanjaar se Pro20-halfeindstryde, nadat die Lions eergisteraand vriend en vyand verras het deur die sterbelaaide Titans in die tweede van hul uitklopwedstryde met 10 lopies op SuperSportpark in Centurion te troef.

Die Johannesburgers, wat die afgelope paar jaar met die houtlepel in dié blitsreeks tevrede moes wees, het die Titans –?met niks minder nie as vier Proteas in sy geledere –?ore aangesit, danksy die relatief onbekende Jonathan Vandiar, Robbie Frylinck en Richard Cameron.

Danksy die terugkeer van AB de Villiers, Paul Harris, Dale Steyn en Morné Morkel uit Indië, het min mense die sukkelende Lions ’n wenkans gegun – veral nadat dié span in die afgelope maand die soveelste politieke storm én die afdanking van sy inspirerende kaptein, Neil McKenzie, moes trotseer.

Vandiar se 68 lopies (43 balle, 6x4, 4x6) het die tafel egter gedek vir ’n stewige Lions-totaal van 186/5, waarna Frylinck (2/38) en Cameron (4/38) die uitklophou geplant het.

Dit was die einste Frylinck wat die Titans, in die Wanderers-been van die halfeindronde, op dramatiese wyse met ’n ses van die laaste bal van die wedstryd gekelder het.

;?Die Lions sal nou Vrydag in Port Elizabeth in die eindstryd van dié reeks teen die Warriors te staan kom, nadat dié “aspoesterspan” sy veel meer geroemde buurman, die Cobras, Woensdag op Nuweland in Kaapstad ook met 10 lopies verslaan het.

Die Cobras, met Herschelle Gibbs en Charl Langeveldt verlig van hul internasionale verpligtinge, was vir die tweede agtereenvolgende wedstryd nie opgewasse teen die doodsnik-boulwerk van Rusty Theron nie.

Dié rooikop het sy 2/23 in Port Elizabeth Woensdag met syfers van 2/29 opgevolg, met die immergroen Makhaya Ntini (2/12) wat gewys het waarom hy nog lank aan die nasionale keurders nagmerries sal besorg.

Die Lions sal boonop met ’n teenvoeter vorendag moet kom vir die houespel van die opwindende jong Colin Ingram wat onlangs, saam met Theron, in die Proteas se voorlopige groep vir die Twintig20-Wêreldtoernooi in Mei ingesluit is. Saam met dié hotklou sal die Warriors-kaptein, Davey Jacobs, en Ash­well Prince dopgehou moet word.

* Vir die besoekers sal Vandiar Vrydag sy nuutgevonde kolfpeil moet voortsit en hoop dat óf McKenzie óf Vaughn van Jaarsveld dié keer ’n ondersteunende rol kan vervul.

* Die spanne vir Vrydag behoort só te lyk:

Lions: Neil McKenzie, Jonathan Vandiar, Alviro Petersen, Vaughn van Jaarsveld, Zander de Bruyn, Richard Cameron, Thami Tsolekile, Robbie Frylinck, Shane Burger, Aaron Phangiso en Ethan O’Reilly.

Warriors:JJ Smuts, Ashwell Prince, Colin Ingram, Justin Kreusch, Davey Jacobs, Johan Botha, Nicky Bojé, Craig Thyssen, Makhaya Ntini, Wayne Parnell en Rusty Theron.

- Rapport

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 22-33°C Sunny. Warm. Pta: 19-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Showers early. Morning clouds. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Drifter 2.6i SLX PU
2006
R 129,700.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 FSi Sportline 5-dr
2006
R 169,900.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.