Protea-perfeksie

2012-12-02 00:18

Op die foto laat waai Hashim Amla met ’n byderwetse hou in sy onoorwonne beurt van 99 lopies. Foto’s: Cameron Spencer/Getty Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dit het 11 dae se toets-gesukkel en twee grootse ontsnappingspogings gekos, maar die Proteas het gister – vir die eerste keer op hul toer na Australië – die soort krieket opgedis wat pas by die wêreld se voorste span. 


En as enigiemand – ná onoortuigende vertonings en onbesliste uitslae in Brisbane en Adelaide – getwyfel het of die Suid-Afrikaners hul kroon as die nommer een-toetsspan op die planeet waardig is, is dit nóú duidelik...

So hulpeloos as wat Graeme Smith-hulle by tye Doer Onder was, só onverbeterlik was dié spul gister met kolf, bal én in die Perth-buiteveld. 

Nie net het die besoekers se hoogaangeskrewe (maar voor gister sluimerende) boulaanval met ’n reuse-knal ontwaak nie – Smith (84) en Hashim Amla (99*) het daarna boonop amok gemaak op ’n Waca-kolfblad wat minder as 24 uur vroeër nog aan iets uit ’n swak rillerprent herinner het. 

Dié twee, wat tot dusver albei ’n louwarm reeks met die kolf beleef het, het die Aussie-boulers geboelie soos straks laas in 2008 op die einste veld gesien is. 

Toe die witjasse ­Asad Rauf en Richard Kettleborough net ná 12:00 (Suid-Afrikaanse tyd) die balkies gelig het, was die toerspan met sy tweedebeurt-telling reeds op 230/2 – ’n onheilspellende 292 lopies voor.?

Die slagting het egter veel vroeër begin – komplimente van Dale Steyn. 

Die Phalaborwa Express moes die afgelope week emmersvol kritiek verduur oor sy futlose boulwerk op die Gabba en die Adelaide Oval. Gister het Steyn (4/40) met sy eerste aflewering van David Warner (13) én drie balle later van sy oornag-kolfmaat, Nathan Lyon (7), ontslae geraak. 

Dié deurbrake het die Aussie-kaptein, Michael Clarke, en die kolf-veteraan Ricky Ponting laat uitstap. 

Ponting het die Waca soos een man op sy voete gehad ná sy vroeëre besluit dat dié toets die laaste van sy 168 sou wees. 

Die 16 000-sterk skare het egter skaars weer hul sit gekry of Ponting (4) was uit – met Vernon Philander (2/55) wat enige voorneme van ’n feëverhaal-afskeid verpletter het. 

Clarke (5) was kort op die 38-jarige Tasmaniër se hakke, toe Steyn hom agter die paaltjies laat uitvang het met die beste aflewering van die reeks. 

Morné Morkel (1/19) het die tuisspan oomblikke later op sy knieë gehad met die paaltjie van Mike Hussey (12), maar dit het Robin Peterson se eerste toetsslagoffer in byna vyf jaar geverg om die doodskoot toe te dien. 

Peterson (3/44), wat sy terugkeer gemaak het in die plek van Imran Tahir, het vir Matthew Wade (68) en Mitchell Johnson (7) skoongeboul én vir John Hasting (32) briljant op die grenstou deur Alviro Petersen laat uitvang om die Aussies vir net 163 uit te knikker. 

Petersen (23) is kort ná die teepouse uitgehaal deur John- son (1/35), voordat die Smith-Amla-stoomroller afgesit het. Saam het dié twee 178 lopies om die tweede paaltjie opgestapel in ’n raps meer as 150 balle. 

Dié vennootskap is eers kort voor die uitskeityd beëindig, toe Smith hom misgis het met ’n hakhou van Mitchell Starc (1/76) se boulwerk. Amla en Jacques Kallis (17*) sal vanoggend die Protea-voorsprong verder wil vergroot. 

Die hoogste wenteiken wat tot nog toe in 40 toetse op die Waca behaal is, was die Suid-Afrikaners se 414/4 net mooi vier jaar gelede.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C High level clouds. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 16-23°C Morning clouds. Mild. PE: 14-21°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.