Proteas 'tas mis'

2012-11-17 23:27

Die Proteas se volgehoue weiering om ’n spesialis-paaltjiewagter vir sy toetsspan te kies, kan die Suid-Afrikaners reeds in Adelaide aan die agterstewe byt.

Só het Ian Healy, die voormalige Australiese paaltjiewagter, vandeesweek gewaarsku aan die vooraand van die tweede toets, wat Donderdag in dié stad begin.

Die toerspan het so byna slae gekry in die eerste toets op die Gabba in Brisbane, nadat sy boulers net vyf paaltjies kon plattrek in die Aussies se tamaai kolfbeurt van 565/5.

“Ek is nog nie oortuig deur AB as paaltjiewagter nie,” het Healy, wat 395 slagoffers agter die paaltjies geëis het in 119 toetse, aan espncricinfo.com gesê.

“Hy was effe gelukkig in Brisbane, want hy het nie veel draaiboulwerk gehad om mee rekening te hou nie, maar dit gaan ’n heel ander storie wees in Adelaide.”

Die 28-jarige De Villiers is in Julie as Mark Boucher se toets­opvolger aangewys en het tot dusver gemengde welslae agter die paaltjies behaal.

Volgens Healy het die Protea-keurders misgetas deur sewe kolwers – waaronder die 28-jarige De Villiers – op die Gabba in te span, eerder as ’n erkende paaltjiewagter.

“Suid-Afrika het geen rede om soveel kolwers te kies nie, want (Vernon) Philander is bedrewe met die kolf en (Dale) Steyn kan ook die wilgerlat swaai as hy moet,” het Healy gesê.

“Hulle kan net sowel ’n spesialis-paaltjiewagter kies, wat sy man sal kan staan op die vierde en vyfde dag van ’n toets wanneer jou draaier ’n span probeer uitboul.

“Ek sal graag wil sien of AB die mas sal opkom as ’n toets op ’n mespunt gebalanseer is en daar is skielik ’n moeilike stonkkans.”

Healy meen ook De Villiers se kolfwerk word reeds deur dié bykomende verantwoordelikheid ingeperk.

“Die Suid-Afrikaanse spanbestuur meen duidelik hy vaar goed genoeg, maar hulle moet baie versigtig wees.

“Dit het reeds sy kolfwerk begin beïnvloed en nie hy óf die Proteas kan dit bekostig om minder lopies aan te teken nie.”

In sewe toetse as paaltjiewagter kon De Villiers nog nét 342 lopies moker – teen ’n beskeie gemiddelde van 34.20 en met net een vyftigtal.

Daarteenoor het dié blondekop Pretorianer in 71 toetse nét as kolwer reeds ’n yslike 5 345 lopies (teen ’n gemiddelde van 50.42) aangeteken.

Dít sluit in 28 vyftig- en 13 honderdtalle en ’n beste telling van 278*.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 6-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 6-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-27°C Sunny. Warm. PE: 13-23°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.