Pybus moet Cobras laat pik in Pro20

2010-07-10 23:36

Richard Pybus

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Altus Momberg in Kaapstad

Die druk is kwaai op die Cape Cobras se nuwe krieketafrigter, Richard Pybus, om te verseker dat dié span aanstaande seisoen ten minste die eindstryd van die plaaslike Pro20-reeks haal.

Pybus (46), die voormalige Pakistanse en Titans-afrigter, het die afgelope week ’n driejaarkontrak met die Kaapse streekspan gesluit. Hy word môre op Nuweland aan die Kaapse media bekendgestel.

Dit is sy rekord by die Titans as Twintig20-afrigter wat hom die regmerkie bo die Proteas se hulpafrigter, Vincent Barnes, gegee het.

Die Kaapse span is desperaat om vir die finansieel winsgewende Indiese kampioeneliga te kwalifiseer en die vorige breier, Shukri Conrad, se onvermoë om dít die afgelope seisoen reg te kry, was een van die hoofredes waarom hy sy tasse moes pak.

Dis geen geheim nie dat die unie al jare lank geldprobleme het en die miljoene wat in die Indiese reeks verdien kan word, sal dus baie help.

Conrad se span het verlede seisoen die vierdaagse SuperSport-reeks op ’n drafstap gewen, maar al is dié toernooi die opvolger van die gesogte Curriebeker- en Castlebeker-reekse van weleer, tel dit nie veel in ’n wêreld waar Mammon die septer swaai nie.

Pybus het sy afrigtingsloopbaan in die Oos-Kaap begin en het in 1994 die Grens se o.19-span begin brei. Hy is in 1997 tot die senior afrigter in Oos-Londen bevorder.

In 2003 het hy probeer om die onbegonne taak te verrig om Pakistan se vele, reuse ego’s bymekaar te trek voordat hy vanaf die 2005-’06-seisoen groot sukses by die Titans behaal het.

Justin Kemp, die Cobras-kaptein, was vol lof vir Pybus.

“Dis wonderlik om ’n afrigter met Richard se rekord te kan verwelkom. Ek glo vas dat die strukture en dissipline wat hy gaan bring, ons net kan help,” het Kemp gesê.

“Die sukses wat hy by die Titans behaal het, was fantasties. Ons kan hopelik met Richard se hulp ’n ware krag in SA krieket word.”
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bloem: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 TDi Comfortline Dsl 5-dr MY10
2011
R 192,900.00

LAND ROVER

Discovery 3 4.4 V8 HSE 4x4 AT
2006
R 394,995.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 133,450.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.