Quinton sal wag vir kans

2012-10-13 22:52

Quinton de Kock, jong paaltjiewagter van die Lions, in aksie vir die Johannesburgse franchise.| Foto: Duif du Toit/GALLO IMAGES

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Sy weglating uit die Protea-toerspan na Australië het meer as net ’n paar wenkbroue laat lig, maar Quinton de Kock is nie haastig vir sy eerste kans in die Suid-Afrikaanse span nie.

Dié 19-jarige paaltjiewagter beleef ’n droomseisoen met die kolf én die handskoene en daar is die afgelope week druk bespiegel dat sy naam een van die 15 sou wees vir die reeks van drie toetse Doer Onder – veral met AB de Villiers wat steeds las het van ’n seer rug en enkel.

Die nasionale keurders, onder leiding van Andrew Hud­son, het egter besluit om De Kock se Lions-spanmaat Thami Tsolekile as die tweede paaltjiewagter in te sluit vir die Proteas se ontmoeting met die wêreld se nommer drie-toetsspan.

Tsolekile, wat dié week sy 32ste verjaardag gevier het, is ook in Augustus as plaasvervanger nadergeroep toe ’n fratsongeluk Mark Boucher se deelname aan die reeks teen Engeland kortgeknip het.

Hy het egter nie speelkans gekry nie en spog steeds net met drie toetse – almal in 2004.

“Natuurlik is dit my droom om eendag vir die Proteas te speel, maar dié seisoen is maar my tweede in franchise-krieket,” het De Kock aan Rapport gesê.

“Alles is nog so ’n bietjie nuut vir my en vir eers geniet ek dit net om soveel as moontlik te leer by die Lions.”

Volgens dié donkerkop hotklou, wat die Suid-Afrikaanse o.19-span voorverlede maand op die Wêreldbekertoernooi in Australië aangevoer het, is een van sy gróót leermeesters die einste Tsolekile.

“Ek is in die bevoorregte posisie dat ek saam met iemand soos Thami, wat al internasionale ervaring het, kan speel,” het De Kock gesê.

Hy was een van die voorste kolwers op die o.19-toernooi, met 284 lopies in ses wedstryde – teen ’n gemiddelde van 47.33.

Hy het dít laas maand opgevolg met sy beste eersterangse telling (194) in die Lions se meerdaagse wedstryd teen die Cobras in Potchefstroom.

“Daar is nog baie waaraan ek moet werk en vir eers vat ek dinge net een dag op ’n slag.

“Ek glo as ek aanhou om te verbeter, sál ek een of ander tyd die volgende vlak bereik.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 12-23°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.