SA krieket geskud deur bedanking van top-beampte

2012-01-14 23:42

Nóg ’n opstopper het die vuisvoos Krieket Suid-Afrika (KSA) getref toe een van sy top-amptenare gister skielik bedank het.

Rapport verneem op goeie gesag dat Richard Glover, KSA se kommersiële bestuurder, sy tasse gepak het – met dié beheerliggaam wat steeds sukkel om borgskappe te bekom en skaars twee dae voordat ’n ondersoek na beweerde wanbestuur teen sy uitvoerende hoof, Gerald Majola, in Pretoria hervat word.

Glover is in Mei voorverlede jaar in dié pos aangestel, nadat hy vir meer as ’n dekade lank in die Verenigde Koninkryk werksaam was – onder meer by die prestigeryke Engelse sokkerklub Arsenal in Londen.

Dié Bloemfonteiner was sedertdien aan die hoof van borgskapwerwing vir KSA.

Hoewel daar gisteraand aan Rapport gesê is dat Glover ’n ander werksaanbod ontvang het “wat hy nie van die hand kon wys nie”, is dit geen geheim nie dat hy die afgelope jaar toenemend gefrustreer is deur die sogenaamde bonusskandaal wat dié liggaam reeds sedert Augustus voorverlede jaar ry en die gevolglike ondersoek deur ’n kommissie onder leiding van regter Chris Nicholson.

Fikile Mbalula, die minister van sport, het dié kommissie einde laasjaar op die been gebring, nadat miljoene rande se ongemagtigde bonusse aan Majola en bykans 40 ander KSA-werknemers betaal is vir die aanbieding van die Indiese Premierliga (IPL)-toernooi en die Kampioenetrofee-reeks in Suid-Afrika in 2009.

Dít het verskeie vooraanstaande maatskappye laat kop uittrek uit onderhandelinge en het KSA glo soveel as R60 miljoen gekos, aangesien geen borge gevind kon word vir die onlangse reeks teen Australië nie.

Intussen het Mbalula vandeesweek by monde van ’n woordvoerder gesê Ali Bacher, Majola se voorganger, is een van verskeie mense wat vanaf môre voor dié kommissie sal verskyn.

Majola het laasmaand in trane aan Nicholson erken hy het nie sy bonusse van R1.8 miljoen verklaar soos die Maatskappyewet vereis nie, maar het skaars 24 uur later ’n striemende aanval geloods op Bacher.

Majola het dié voormalige hoof van die destydse Verenigde Krieketraad van Suid-Afrika (VKRSA) onder meer daarvan beskuldig dat hy “gelieg het” oor die bonus van R5 miljoen wat aan hom betaal is vir die aanbieding van die Wêreldbekertoernooi in 2003.

Bacher, wat aan die stuur was van dié toernooi, het by navraag aan Rapport gesê daar was niks “duister” aan dié betaling nie en dat ’n groot gedeelte daarvan sy aftreefonds was.

Hy het ook Majola se bewering, dat sy mediese kostes steeds deur KSA betaal word bykans ’n dekade sedert hy uit dié pos bedank het, ten sterkste ontken én gesê hy is bereid om voor die Nicholson-kommissie te getuig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 185,995.00

FORD

Fiesta Flair 1.4i 5-dr AC MY99
2005
R 85,000.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.