Son sak oor Indië, Sachin

2012-01-07 23:09

Sachin Tendulkar. Foto: Laurence Griffiths//Getty Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dis moeilik om te glo dat Indië skaars nege maande gelede verreweg die beste krieket span in die wêreld was.

Hy het toe pas die Wêreldbekertoernooi op tuisbodem gewen en was ook eerste op die Internasionale Krieketraad se toetsranglys.

Nou, ná ’n reeks nederlae in Engeland en Australië, blyk dit dat Indië weer sy historiese vlak in internasionale krieket bereik het: ’n bitter moeilike teenstander in Indiese toestande, maar ’n maklike prooi weg van die mak kolfblaaie van die subkontinent.

Ná vandeesweek se pak slae teen die Aussies in Sydney, het Mahendra Singh Dhoni en sy makkers nou hul laaste ses toetse weg van die huis af verloor. En drie van dié nederlae was met ’n beurt.

Hulle het die toetsreeks in Engeland verlede jaar met 0-4 verloor en Engeland het hulle bo-aan die toetsranglys vervang. Hulle is nou klaar met 0-2 agter teen Australië ná die eerste twee toetse van die reeks van vier.

Dis ’n verstommende statistiek, as ’n mens in ag neem dat Indië in sy maer jare van die 1990’s nooit ses wegtoetse op ’n streep verloor het nie. Dít het laas in 1968 gebeur.

En asof dié ineenstorting van hul spelpeil nie erg genoeg is nie, is daar ook die wete in die agterkop dat vier van hul mees ervare spelers – Sachin Tendulkar (38), Zaheer Khan (33), Rahul Dravid (38) en VVS Laxman (37) – se dae as internasionale spelers getel is.

Tendulkar sukkel steeds om die mylpaal van sy 100ste internasionale honderdtal (toetse en eendagwedstryde) te behaal – en dit is nou 17 toetsbeurte en vier eendagbeurte sedert sy 99ste honderdtal behaal het. In dié 17 toetsbeurte het hy agt keer minstens 40 behaal sonder om drie syfers te behaal. In sy ellelange loopbaan van 186 toetse het hy 50 honderdtalle en 65 vyftigtalle aangeteken, wat beteken dat hy 115 tellings van meer as 50 en 50 keer drie syfers behaal het.

Daar is kenners in Indië wat die obsessie met dié mylpaal as een van die redes vir die Indiese treurmare in Australië aanvoer.

Sanjay Manjrekar, ’n voormalige spanmaat van Tendulkar, het gesê: “Dit is nou duidelik dat ná hy 50 bereik, die spoke in sy kop hom meer pla as die boulers of die veldplasings.”

Die voormalige Indiese kolwer Ashok Malhotra het gesê dat ’n mens kan sien dat dié gejaag na die mylpaal sy spanmaats ook nou beïnvloed: “Almal praat die hele tyd oor Tendulkar se 100ste honderdtal – en dit begin nou die span affekteer.”

Indië sal vinnig ’n oplossing vir dié kwale moet vind voordat die derde toets Vrydag op die blitsige kolfblad in Perth begin. Die besoekers moet albei oorblywende toetse wen om die reeks te deel.

Die Aussies kan seker ook nie glo hoe vinnig hul ommekeer gebeur het nie. Dit was skaars ’n jaar gelede dat hulle hul laagtepunt bereik het. Hulle het toe die reeks om die As met ’n vernederende 1-3 op tuisbodem teen Engeland verloor. Dan was daar ook die vernedering van Nuweland in November, toe Suid-Afrika Australië vir net 47 uitgeboul het.

Sedertdien het die Aussies egter die reeks in Suid-Afrika gedeel; ’n tuisreeks teen Nieu-Seeland ook gedeel en nou is hulle besig om Indië uit die pad te vee.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 185,995.00

FORD

Fiesta Flair 1.4i 5-dr AC MY99
2005
R 85,000.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.