Titans, Cobras sal op tuisvelde bordjies moet verhang

2010-02-27 22:26

christo.buchner@sport24.co.za

Twee halfeindstryde wat eers met die laaste bal beslis is, verseker dat vandeesweek se tweede kragmetings in die halfeindronde van die Pro20-krieketreeks lippelek-stryde sal wees.

Die Titans en Cobras sal op hul tuisvelde die bordjies moet verhang teen onderskeidelik die Lions en die Warriors om ’n beslissende stryd af te dwing voor die twee spanne in die eindstryd gefinaliseer word.

Nadat die Lions vroeër in die week ’n ses van die laaste bal geslaan het om die Titans op die Wanderers te klop, kon die Cobras hulle dit Vrydagaand nie nadoen nie.

Soos die Lions het hulle vier lopies van die laaste bal nodig gehad om die Warriors in die Baai te klop, maar die staatmaker Rusty Theron het kopgehou met die bal in die hand en Robin Peterson buite die wegpen geklop.

Die Cobras, wat 150 moes kry om te wen, het op 146/8 geëindig, met twee paaltjies wat in die laaste beurt, waarin agt benodig was, geval het.

Die jong linkskolwer Colin Ingram (60*, 41 balle, 5x4, 3x6) was oudergewoonte die man met die breë kolf vir die Oos-Kapenaars.

Hy is goed ondersteun deur sy kaptein, Davy Jacobs (42*, 32 b, 1x4, 2x6). Dit was die 91 lopies wat hulle van die laaste nege beurte geslaan het wat die knoop vir die Warriors deurgehak het.

Die Titans se afrigter, Chris van Noordwyk, het die versekering gegee dat sy span sal vergoed vir die glips teen die Lions.

“Dit was baie teleurstellend, maar ons sal dié week hard daaraan werk om die foute wat ons die wedstryd gekos het, reg te stel,” sê hy.

Wat die besluit betref om David Wiese die laaste boulbeurt te laat boul, nadat die bal reeds aan Ethy Mbhalati gegee is, sê Van Noordwyk: “Daardie besluit is deur die kaptein (Pierre Joubert) op die veld geneem.

“Hy het sy keuse gemaak en ek ondersteun hom ten volle daarin.

“Daar is geen skuld voor enigeen se deur te lê nie,” sê hy van die 19 lopies wat Wiese afgestaan het in dáárdie beurt en die Titans die wedstryd gekos het.

Jean Symes (30*), wat ’n ses en ’n vier in daardie beurt gemoker het voordat Robbie Frylinck die wenlopies met ’n ses van die laaste bal geslaan het, het eintlik ook maar heel toevallig gespeel.

Hy het bloot in die span ingekom nadat Dane Vilas weggelaat is toe hy aangedui het hy gaan aanstaande seisoen na die Cape Cobras en het ’n kontrak met die Kapenaars gesluit.

* Die Cobras en Warriors speel Woensdag in Kaapstad en die Titans is Vrydag tuis in Centurion teen die Lions.

Wen die twee tuisspanne, sal daar aanstaande Maandag, in onderskeidelik Port Elizabeth en Centurion, beslissende wedstryde gespeel moet word om te bepaal wie uiteindelik die eindstryd haal.

- Rapport

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 22-33°C Sunny. Warm. Pta: 19-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 17-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Showers early. Morning clouds. Warm. PE: 19-25°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Hardbody 3000TD D-Cab Hi-Rider Dsl PU
2004
R 129,950.00

VOLVO

S40 2.4i
2004
R 149,000.00

NISSAN

Patrol 4.5 GRX 4x4
2001
R 139,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.