Vergeet knoeisage, pleit Paki-kaptein

2012-01-14 23:42

Alastair Cook (links) en Jonathan Trott. Foto: Gallo Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die ou mense het mos gesê dis moeiliker om daar bo te bly as wat dit was om daar te kom.

Dís die uitdaging wat vanjaar op die Engelse krieketspan wag.

Andrew Strauss en sy makkers het ’n annus mirabilis in 2011 in toetskrieket beleef.

Hy het ses van die agt toetse waarin hy gespeel het gewen, terwyl die ander twee onbeslis geëindig het.

Hy het beheer van die eerste plek op die Internasionale Krieketraad (IKR) se ranglys vir toetsspanne geneem, nadat hy Indië op tuisbodem verneder het.

Daar is egter nog twee berge wat Engeland moet klim voordat hy homself rêrig as die beste toetsspan in die wêreld kan kroon: hy moet meer reekse op die subkontinent wen en hy moet in Julie en Augustus vir Graeme Smith en sy Proteas pak slae gee.

Engeland het sedert die begin van 2008 maar net vier wedstryde op die subkontinent gespeel.

Hy het ’n reeks teen Bangladesj gewen en een teen Indië verloor.

Strauss-hulle het ook in die 2004-’05-seisoen laas vir die Proteas getroef.

Sedertdien het Suid-Afrika ’n reeks in Engeland met 2-1 gewen, voordat dié spanne die reeks in Suid-Afrika in 2009-’10 gedeel het. Maar selfs in dáái reeks het die Proteas drie van die vier toetse oorheers.

Engeland het vanjaar ’n druk program, wat Dinsdag in Dubai begin met die eerste van drie toetse teen Pakistan.

Dan volg daar in Maart twee weg-toetse teen Sri Lanka en drie toetse teen die Wes-Indiese Eilande in Mei en Junie.

Die gróót reeks is egter in Julie, wanneer die reeks van drie toetse in Engeland teen Suid-Afrika begin. Engeland is nou ’n baie beter span as wat hy in 2008 was – en dit gaan beslis ’n kookwater-reeks wees. Suid-Afrika sal sy wisselvalligheid by die huis moet los, maar as Dale Steyn, Morné Morkel en Vernon Philander boul soos hulle kan, gaan Suid-Afrika nie ’n maklike prooi wees nie.

Engeland sal vir eers wil vergeet van die Proteas en hoop dat hulle Pakistan in die komende reeks kan troef.

Die kolfblaaie in Dubai en Abu Dhabi is berug as morsdood – en Engeland se boulers sal moet wys dat hulle net soveel sukses op sulke blaaie kan behaal as wat hulle op die boulersvriendelike blaaie in Engeland kan kry.

Engeland het in Alastair Cook en Jonathan Trott twee van die beste toetskolwers in die wêreld; hulle vorm die grondslag van die Engelse aanslag.

Pakistan probeer steeds om te herstel van die knoeiery-skandaal van 2010 waar hy twee van die wêreld se beste naatboulers, Mohammad Amir en Mohammad Asif, aan langtermynskorsings verloor het.

Dié drie is laasjaar boonop tronkstraf opgelê nadat ’n Britse poniekoerant hul plan – om met opset foutballe af te stuur tydens voorverlede jaar se vierde toets teen die einste Engelse op Lord’s – oopgevlek het.

Misbah-ul-Haq, die Pakistanse kaptein, het juis met sy aankoms daar gevra dat Engeland asseblief die knoeiery skandaal moet vergeet.

“Ek dink albei spanne weet dat ons die verlede moet vergeet. Ons gaan net probeer om goeie en eerlike krieket te speel,” het Misbah aan ESPNCricinfo gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 185,995.00

FORD

Fiesta Flair 1.4i 5-dr AC MY99
2005
R 85,000.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.