Wat het Lance, Gerald gemeen? Wenk: Dit begin met ‘m’

2012-10-13 22:52

Die Mol is die heelweek al in ’n slegte bui. En net as hy effens beter begin voel, tref nóg ’n skok die sportwêreld wat ’n mens laat wonder of daar nog enigsins iets soos ware sportmanskap of eerlike sportlui bestaan.

Ja, Die Mol is die afgelope week op sy knieë gedwing deur die nare onthullings rondom die eens ikoniese Lance Armstrong en die skynbaar bitter donker dwelmwêreld van fietsry.

Die Mol sal nie sê hy was Armstrong se grootste fan nie, maar hy het wel heelwat bewondering gehad vir dié Yank se prestasies. Niemand kon by dié man bly as hy ’n ysterperd getrap het nie en hy het die hele wêreld betower met sy klinkende Tour de France-oorwinnings jaar ná jaar.

Maar nou blyk dit dat dié mannetjie nie op sy eie getrap het nie. Hy het oënskynlik baie onnatuurlike hulp gehad en sy teenstanders tot oorgawe gedwing terwyl hy – én omdat hy – vol dwelms gepomp was.

Sy prestasies wat Die Mol en die res van die mensdom laat glo het hy is onstuitbaar, die planeet se heel beste en ’n ikoon wat in der ewigheid sal voortleef, was dus skynbaar alles een groot leuen.

Dis ongelooflik dat Armstrong en sy helpers alles so goed en vir so lank kon wegsteek. Die Mol kan dit nie glo nie en is totaal oorbluf oor alles wat die afgelope week op die lappe gekom het.

Tog dink Die Mol dis nog net die puntjie van die ysberg wat ontbloot is. Veel meer gruweldade gaan nog aan die lig kom en fietsry as sport se naam sal nooit ooit weer in ere herstel kan word nie.

Nog ’n man wie se naam ook nooit ooit weer in ere herstel sal kan word nie, al probeer hy hoe hard, is moegoe Gerald Majola.

Hoe wip dié gewese krieketbaas hom toe nie nou die afgelope week nie!

Hy’s klaar met Krieket Suid-Afrika (KSA) se tugverhoor teen hom en sal hom nie verder laat ondervra nie. Alle tugstappe teen hom is wederregtelik, want hy het absoluut niks verkeerd gedoen nie, seg die irriterende moegie die afgelope week.

Ja Gerald, natuurlik is jy onskuldig. Net soos Armstrong, wat homself ook nie wou verdedig nie.

Vir KSA het Die Mol vandag ’n boodskap: Handel hierdie sakie teen Majola baie vinnig af. Dit kan eenvoudig nie langer so aanploeter nie. Julle berokken jul naam onherstelbare skade met die gesloer. Een van die dae sit julle in dieselfde bootjie as fietsry.

Voordat Die Mol sy humorsin verloor het danksy meneertjies Armstrong en Majola, was hy klaar kort van draad weens die Bok-span se geploeter verlede naweek teen die All Blacks.

Glo my, op televisie in die Ooste was die Bokke se gesukkel ewe duidelik as langs die veld in Soweto.

Ja, dis waar dat die Bokke ’n klomp groentjies is in vergelyking met die huidige Kiwi-span. Maar volgens Die Mol is dit nie die rede vir die Bokke se swak spel nie.

Suid-Afrikaanse rugbyspelers beskik eenvoudig nie oor die nodige vaardighede nie. Ook nie oor die nodige visie om gapings op die speelveld raak te sien.

Dis byvoorbeeld maklik om iemand onderstebo te wil hardloop, maar dis veel moeiliker om suksesvol verby hom te probeer hardloop.

Hoe dit ook al sy, solank die Bokke voortploeter en hul teenstanders met krag, gewig en size probeer troef, gaan hulle eenvoudig nêrens kom nie.

Die Mol dink dis tyd om van vooraf te besin oor die Bokke.

Laat ons almal eers as ’n verenigde volk saamstem oor wie regtig die bestes is, dan kan ons daarna begin stry oor hoe om te speel en watter spelpatroon om te volg.

Dit behoort mos nie te moeilik te wees nie. Hoekom kan ons dit nie regkry nie?

Ai, sal dit nou nie wonderlik wees nie.

Vreugde!

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 18-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-19°C Showers late. Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Estimator

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Qualified CA

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering

Assistant Director

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R750000 - R1000000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.