Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

Mokoena vlieg na Silwer

2010-03-13 23:19

Khotso Mokoena is nou amptelik die Suid-Afrikaanse atleet wat die meeste medaljes ooit op wêreldkampioenskapsbyeenkomste gewen het.
Mokoena, wat verlede jaar 25 jaar jonk geword het, het gister sy sesde internasionale medalje in sy redelik kort loopbaan gewen.
Hy was in Doha, Katar, by die binnenshuise wêreldkampioenskappe tweede in die verspring, toe hy sy soveelste keer deur die 8 meter-grens gegaan en op 8.08 geland het.
Khotso het die titel verdedig wat hy twee jaar gelede in Valencia gewen het.
Gister het die Australiër Fabrice Lapierre goud met ’n sprong van 8.17 gewen. Dít was Lapierre se vyfde sprong – en, soos ’n mens al van Mokoena gewoond geraak het, het hy met sy sesde en laaste sprong álles ingesit vir daardie 8.08, wat ook sy beste vanjaar is.
Mokoena se ander spronge was 7.86, geen sprong, 7.76, geen sprong en 7.90.
Dis die derde agtereenvolgende keer op ’n byeenkoms soos dié dat hy net-net nie met goud bekroon is nie. Hy was verlede jaar in Berlyn by die (buitemuurse) wêreldkampioenskappe ook tweede, soos hy in 2008 in Beijing óók silwer by die Olimpiese Spele gewen het.
Met die ander Suid-Afrikaners het dit nie so voor die wind gegaan nie.
Juan van Deventer, wat op die grens van Johan Landsman se stok­ou SA rekord in die 1 500 boer, het gister in dié item sesde geëindig in ’n duidelik taktiese wedloop.
Die verdedigende kampioen, Deresse Mekonnen van Ethiopië, het in ’n betreklike stadige tyd van 3:41.86 gewen – net-net voor die Marokkaan Abdalaati Iguider (3:41.96) en die Keniaan Haron Keitany (3:42.32).
Van Deventer se tyd was 3:43.77.
René Kalmer was in die eindstryd van die 3 000 vir vroue negende in 9:04.11 – in nóg ’n langasem-item wat totaal deur Afrika oorheers is. Meseret Defar (Ethiopië) het in 8:51.17 gewen, met ’n Keniaan tweede en nóg ’n Ethiopiër derde.
Gisteroggend is Janice Josephs in die kwalifiserende ronde van die verspring uitgeskakel.
Janice was 21ste met ’n 6.02, met die Portugees Naide Gomes die beste (6.61).
Die voormalige Suid-Afrikaner Karin Mey is óók uitgeskakel. Karin, wat nou vir Turkye onder die naam Mey Melis deelneem, was 14de (6.36).
Internasionaal het die omstrede Britse opkikker-gebruiker Dwain Chambers gister in die 60-eindronde hakskene vir die (onbekende) Amerikaanse en Jamaikaanse blitse met ’n wentyd van 6.48 gewys.
Die Australiër Steven Hooker het die paalspring met ’n puik 6.01, ’n kampioenskapsrekord, gewen, terwyl die Amerikaanse gewigstoot-reus Christian Caldwell met ’n yslike 21.83 baas was.
Blanka Vlasic was in die hoogspring met ’n 2.00 koningin.
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Java Developer

Gauteng,Gauteng - Johannesburg,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

LEARNING DELIVERY SPECIALIST

Gauteng - JHB North/Sandton
MultiChoice Africa

LEARNING DELIVERY SPECIALIST

Gauteng - JHB North/Sandton
MultiChoice Africa

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Clio III 1.4 Expression 5-dr
2007
R 109,995.00

TOYOTA

Yaris T3 Sedan 1.3 Plus
2008
R 129,990.00

TOYOTA

Corolla 1.8 Exclusive
2009
R 215,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

VIERLANDEN

House R 1 750 000

BRYANSTON

Apartment R 1 300 000

CRAIGAVON

House R 1 290 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...