Absa: Plek van aktuarisse, tellers en agterlyn-foendi’s

2010-09-20 09:45

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Mensig, maar dinge kan morsig raak so langs die atletiekbaan.

Die Mol verwys nie nou na sy gasbraaiertjie en gedokterde energiedrankies wanneer hy en sy vrinne gaan kyk hoe ons land se voorste vroue-atlete hul beste bene voorsit nie. Nee, hy verwys eerder na daardie (eens) trotse vereniging wat homself ASA noem en hoe hulle nou al weer met vuil spuitnaalde die sport besmet wat hulle veronderstel is om te dien.

Soveel van verdagmakery en slegpratery en opstokery het die Mol laas voor ’n politieke kongres in Polokwane beleef.

Hopelik vee die nuwe besems wat gister verkies is die tartan behoorlik skoon en kan atletiek weer sy regmatige plek in ons besige skedules en harte inneem.

Een van die Mol se vrinne wonder egter: Moes ASA nie maar eers ál daardie tugsake en finansiële ondersoeke na sy vorige regime afgehandel en die skuldiges gestraf het nie? Sodat diegene wat gister gestem het, al die feite op die tafel gehad het.

Die Mol het ’n sterk vermoede daar wag nog ’n paar Chuene-skokke. Hopelik is niemand wat ’n vinger in enige van dáárdie pasteie gehad het, gister ingestem nie. Want dan begin alles maar net weer van voor af.

Gelukkig is Absa se voorskrifte aan SA Rugby darem ’n eerste, verseker ons rugbybaas, Oregan Hoskins, die Mol en sy gereelde dop-en-tjop-maats.

Dié borg het mos vir Regan-hulle laat weet hulle is erg beswaard oor die blekerige gelaatstrekke van die spanne in die Absa-Curriebeker-reeks.

Sulke inmenging maak die Mol ook blekerig om die kiewe, maar eerder oor die arrogansie van die mense by wie die Mol toevallig ook ’n paar swaarverdiende randjies belê.

Nou verstaan die Mol dat van daardie swaarverdiende geldjies ook nog gebruik gaan word om die Bok-trui vir die volgende vyf jaar op te kikker.

Dit laat die Mol wonder: Wie by Absa is die rugbykenners wat weet hoekom die Bulle en Cheetahs en Leeus die spanne kies wat hulle kies? En dan besluit dit is verkeerd en kort ingryping?

Is die bankgroep se kenner van fiskale beleid ook ’n ghoeroe in agterspel? Of is dit een van die tellers op Odendaalsrus wat die groep oor lynstaan­tekens adviseer?

Dit is nogal belangrik vir die Mol om te weet wie by Absa meen hy kan SA Rugby vertel hoe sy unies se agterlyne en agttalle moet lyk, want dan kan ons, as hulle ook die Bokke se borg word, dieselfde ou(ens) vra om vir Snorre te help met die Bok-span se samestelling!

Wonder net hoe dit gaan werk? Kies die borg eerste sy “moet in wees” en gee dan vir Snorre kans vir sý sleutel­spelers? Of word Snorre toegelaat om eers sý ‘moet in wees” te kies en dan kan Absa die res inkleur?

Die Mol se vrinne wil natuurlik ook weet of Absa dieselfde brief sokker toe gestuur het oor die gebrek aan reënboogkleure in dáái spel. Maar die Mol het hulle oortuig dat so ’n brief nié nodig is nie. Net soos die een aan SA Rugby ook onnodig was.

Nogtans het dit die Mol aan die wonder gesit oor daardie polis wat binnekort loskom en hy juis by ’n spesifieke bank wou gaan belê ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 185,995.00

FORD

Fiesta Flair 1.4i 5-dr AC MY99
2005
R 85,000.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.