Benni op pad terug na Bafana

2010-03-13 23:19

Terwyl sy spanmaats die afgelope week hul bene stompies gehardloop het in Brasilië, het Benni McCarthy gisteraand die eerste treë gegee op sy pad terug na die Suid-Afrikaanse Wêreldbekerspan.
Dié enigmatiese doelskieter was gister op Stamford Bridge op die bank vir West Ham United in hul Engelse Premierliga-wedstryd teen Chelsea. Hy het nie gespeel nie en Chelsea het met 4-1 gewen.
McCarthy (32), wat reeds 32 doele in 78 verskynings in die Groen-en-Goud aangeteken het, het op 6 Februarie ’n kniebesering opgedoen in sy eerste wedstryd vir die Hammers en hy kon eers die afgelope week weer begin oefen.
“Ons almal hoop dat hy betyds sal herstel om hom vir die kamp in Duitsland of terug in Suid-Afrika by ons te kan aansluit,” het die verdediger Matthew Booth die afgelope week vanuit Brasilië gesê.
Die Bafana Bafana slyp in die prentjiemooi Granja Comary, net buite Rio de Janeiro, ter voorbereiding van WB 2010, wat oor net minder as drie maande afskop.
“Benni is ’n legende in Suid-Afrikaanse sokker en sy teenwoordigheid sal bepalend wees vir ons kanse in die toernooi.”
McCarthy is een van minstens tien Suid-Afrikaanse spelers wat, weens verpligtinge by hul Europese klubs, nie dié moordende kamp kon bywoon nie.
Terselfdertyd het die afrigter, Carlos Alberto Parreira, en die span se fiksheids-afrigter, Francisco Gonzalez, die res van die aanspraakmakers op ’n plek in die uiteindelike groep van 23 spelers behoorlik laat bloed sweet.
“Vir die eerste week het ons die spelers se weerstand afgebreek om presies te weet waar elkeen staan. Ons het dié week gimnasiumwerk gedoen, op die veld geoefen en gedraf –?en van volgende week af sal ons die intensiteit selfs verder verhoog en op vaart-oefeninge konsentreer,” het Gonzalez gesê.
“Dis moeilik, maar die spelers is baie gemotiveerd en wil hul kleim afsteek op ’n plek in die uiteindelike span.” Volgens hom is die huidige fiksheidsvlakke “onaanvaarbaar”.
“Ná die kamp sál die spelers fiks wees en weet hoe dit voel om gestraf te word, want die Wêreldbeker is ’n uitmergelende ervaring.”
;?Intussen het Parreira gesê die Bafana sal in nóg ’n oefenwedstryd, môre teen die klubspan Boavista, speel. Die Bafana het gisteraand teen Volta Redonda litte losgemaak en sal in nóg vier wedstryde (teen Fluminense, Cruzeiro en Botafogo), asook teen die hoogaangeskrewe Paraguay te staan kom.
“Ons het ál die oefening nodig wat ons kan kry, want dit sal hopelik die spelers duidelik laat verstaan wat daar van hulle verwag word,” het Parreira gesê.
“Dié is die wieg van wêreldsokker, met groot Brasiliaanse spelers wat al hier geoefen het. Hopelik dien dit as inspirasie.”
 

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 4 2.0 Highline AT
2006
R 139,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 335,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.