Benoude Griekwas sug verlig oor vyf punte

2010-09-18 21:55

Griekwas se Bjorn Basson word ernstig in die gesig gevat deur die Luiperds se Tiaan Dorfling tydens die Curriebeker-kragmeting in Kimberley. Foto: Emile Hendriks

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Griekwas het 5 punte teen die Luiperds gesoek, en dit toe gekry – maar dit was so hittete of die span van Potchefstroom het Vrydagaand hier hul eerste Curriebeker-oorwinning in bykans twee jaar behaal.

Die Poubloues het eindelik met 29-20 gewen, maar daar was ’n paar benoude oomblikke na die einde toe. Trouens, as die Noordwesters se losskakel, Clayton Durand, met die telling op 22-20 in die tuisspan se guns ’n strafskop deur die pale gejaag het, sou dit dalk net die laaste opdraand gewees het wat die perd flou gemaak het.

Maar Durand het sy skop vier minute voor die einde verby die regterkantse regoppaal getrek – en dit was die laaste sien van die blikkantien vir die besoekers. Kort daarna het Griekwas se heelagter, Riaan Viljoen, in die doodsnikke onder die pale vir sy tweede drie oorgeduik en die wedstryd beklink.

Dié kragmeting sal in die Luiperds se geskiedenisboeke opgeteken word in daardie bra leë kolom getiteld: Wedstryde wat ons moes gewen het. Want as daar nou ooit ’n wedstryd was waarin die besoekers na die gunsteling gelyk het, was dit Vrydagaand s’n. Hulle het van meet af ingeklim en was rustyd welverdiend met 17-15 voor, danksy twee goeie drieë deur die senter Walter Venter.

Viljoen en die flank Johan van Deventer het in die eerste helfte elkeen ’n vyfpunter bygedra, maar dit was asof die tuisspan net nie aan die gang kon kom nie. Hulle het hul in die tweede helfte reggeruk en ’n drie deur Justin Downey en Viljoen se tweede het daardie belangrike bonuspunt verseker.

Griekwas se afrigter, Dawie Theron, was agterna verlig dat sy span met ’n voltal punte van die veld gestap het. Veral met die oog op die wedstryd volgende week in die Kaap teen die WP, sal Griekwas tevrede voel dat hulle steeds vir iets meer as net trots speel, met hul kans om tot die halfeindronde van die reeks deur te dring wat nog in die weegskaal is.

“Ons is verlig om die 5 punte te kry. Daar was in die aanloop tot die wedstryd baie negatiewe berigte oor Griekwas en dit het ons voorbereiding vir die kragmeting beïnvloed. Ons weet ons kan nie joernaliste manipuleer om te skryf wat ons pas nie, maar dit het ongetwyfeld groot stres op die spelers geplaas,” aldus Theron.

Griekwas kom Vrydagaand op Nuweland teen die Streeptruie te staan, terwyl die Luiperds tuis in Potchefstroom die Blou Bulle die stryd aansê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 185,995.00

FORD

Fiesta Flair 1.4i 5-dr AC MY99
2005
R 85,000.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.