Bjorn: van sokker tot drieëvraat

2010-09-18 21:55

Een van vele: Bjorn Basson druk ’n drie teen die Sharks in Durban. Foto: Anesh Debiky/Gallo Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hy is tans loshande die voorste driedrukker in die Curriebeker-reeks, maar wie sou ooit kon raai dat Griekwas se Springbok- en Super14-vleuel, Bjorn Basson, eers op 15-jarige ouderdom begin rugby speel het?

As gereelde insluiting in die Cheetahs se Super14-rugbyspan en die Poubloues se eerste keuse op vleuel vir die Curriebeker-reeks, het Basson sodanig beïndruk dat hy vanjaar reeds die Springbok-trui oor die kop getrek het.

Hy het tans twee toetse agter die blad, nadat hy vanjaar teen Wallis in Cardiff en Italië in Witbank die Groen-en-Goud oor die kop getrek het.

Op 23-jarige ouderdom beteken dit dat dié Griekwa-blits, wat op King William’s Town gebore is, effektief nog net agt jaar lank rugby speel. En so byna het hy nie eens ’n loopbaan in rugby nie, maar eerder sokker, gevolg.

“Ek was op laerskool in Central Primary op King William’s Town, waar sokker en krieket die gewildste sporte was. Ek was ’n ywerige sokkerspeler. Toe ek my hoërskool-loopbaan aan Dale-kollege begin het, was daar nie sokker nie, en moes ek noodgedwonge op rugby fokus. Dit het later my liefling-sport geword,” sê Basson.

Maar hy het nie met die intrapslag op vleuel uitgedraf nie. Inteendeel, hy het eers onder die voorspelers sy buiging gemaak voordat sy vaart en vermoë behoorlik raakgesien is.

“Ek het op 15-jarige ouderdom begin speel en eers ’n jaar lank op slot diens gedoen. Maar dit was nie die posisie wat ek wou speel nie. Ek het eers na heelagter geskuif voordat ek later op vleuel my voete gevind het.”

Basson het in 2005 sy skoolloopbaan voltooi en hom in die jaar daarop by Grens aangesluit. Daar is hy as o.19-speler in die SA o.19-span ingesluit.

In 2007 het hy as o.21-speler by Griekwas aangesluit – en nooit weer terug gekyk nie.

Hy het in 2008 vir die Opkomende Springbokke in die Internasionale Rugbyraad (IRR) se Nasiesbeker-toernooi gespeel. In 2009 het hy weer as Opkomende Bok uitgedraf, toe teen die Britse en Ierse Leeus.

“Ek was in 2007 lid van die Griekwas-akademie. Ek het op o.21-vlak vir Griekwas uitgedraf en in 2008 die eerste keer vir die Poubloues Vodacombeker-rugby gespeel.”

Hy het in 2008 ook sy eerste proesel Curriebeker-rugby gesmaak en is in 2009 die eerste keer in die Cheetahs se Super14-groep gebruik. Hy sal, gemeet aan sy huidige spelpeil, weer ’n eerstekeuse-vleuel wees wanneer die Cheetahs hul Super15-span vir 2011 bekend maak. Dis nou te sê as ander groter unies hom nie opraap nie.

Hy steur hom nie veel aan die Wêreldbeker-toernooi volgende jaar in Nieu-Seeland nie: “Ek speel my rugby omdat ek dit geniet en nie net om ’n plek in die Bok-span te kry nie. Die Bok-trui is nie my motivering nie.

“Ek speel vir myself en my familie. As ek volgende jaar saam na Nieu-Seeland reis, sal dit net ’n bonus wees.”

Basson het voor Griekwas se Curriebeker-wedstryd die afgelope Vrydag teen die Luiperds, reeds vanjaar 14 drieë in dié reeks ingeryg. Hy kan dus beslis daarin slaag om Carel du Plessis en Colin Lloyd se gesamentlike Curriebeker-drieërekord van 19 in ’n seisoen te laat spat.

“Ek gaan nie op die veld om rekords te verbeter nie. Ek steur my nie eens daaraan dat ek ander spelers kan verbysteek nie. Ek doen eerder my deel vir die span.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 185,995.00

FORD

Fiesta Flair 1.4i 5-dr AC MY99
2005
R 85,000.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.