Blitzkrieg

2010-03-06 22:10

SA se Jonathan Robinson ontduik die Pakistani Waseem Ahmed gister tydens dié spanne se Wêreldbeker-kragmeting in Nieu-Delhi. Die Proteas het met 4-3 gewen. Foto: Danish Ismail/REUTERS

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

marizanne.kok@sport24.co.za

Die spreekwoord lui dat die ware karakter van ’n man nie gemeet moet word aan hoe hard hy val nie, maar aan hoe vinnig hy daarna opstaan.

Met dít as maatstaf kon Gregg Clark, die afrigter van die Suid-Afrikaanse manshokkiespan, homself en sy jong span maar gistermiddag op die skouer klop.

Net 48 uur nadat die Suid-Afrikaners die grootste loesing in die geskiedenis van die Wêreldbeker-toernooi op die lyf geloop het toe hulle met 0-12 teen Australië verloor het, het hulle die bordjies met ’n onverwagse oorwinning oor die Asiese reus Pakistan verhang.

Kaptein Austin Smith en sy spanmaats het hul eerste oorwinning ooit oor Pakistan behaal deur hom met 4-3 te oortref. Dit was die land se eerste oorwinning ooit oor die Asiërs en boonop die eerste keer sedert 2002 dat Suid-Afrika ’n Wêreldbeker-wedstryd kon wen.

Die Pakistani’s is geen hierjy’s in wêreldhokkie nie. Hulle het die Wêreldbeker in 1994 gewen en is sewende in die wêreld – ses plekke hoër as Suid-Afrika op die ranglys.

Maar die Suid-Afrikaners het hulle min daaraan gesteur. Dis natuurlik verstaanbaar – as jy twaalf doele in ’n enkele wedstryd afstaan, kan dit waaragtig nie slegter met jou gaan nie. Ná Donderdag se treurmare teen Australië het Suid-Afrika gister niks gehad om te verloor nie.

Dis waarskynlik presies wat Clark in lemoentyd vir sy spelers gesê het. Hulle was rustyd met 1-0 agter en met tye lusteloos op die aanval.

Maar wat ook al in die ruskans gesê is, het ’n vuurtjie aangesteek en gelei tot ’n blitzkrieg van drie doele in ses minute, wat net vier minute ná halftyd afgeskop is deur Gareth Carr, wat sy span se eerste doel van ’n korthoek in die toernooi aangeteken het.

Drie minute later het Ian Healy sy naam op die telkaart gekry en kort daarna ook Taine Paton, nadat hy die fynste van randjies bygekry het om ’n aangee teen die agterkant van die doelhok vas te deflekteer.

Toe Marvin Harper ’n beweging wat in sy eie halfgebied begin het in die 55ste minuut afrond, was die telling 4-1 en die koeël deur die kerk. Pakistan het met vyf minute oor teruggeveg en twee doele aangeteken.

Die uitslag was nie genoeg om Suid-Afrika te lig van die onderste plek in Groep B nie, maar dit sal hulle selfvertroue gee voor hul laaste groepwedstryd, môre teen Indië.

- Rapport

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Condor 2400i Estate MPV MY03
2003
R 121,000.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2010
R 99,900.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.