Bok-inspuiting

2010-09-18 21:54

WP se Gio Aplo reageer na sy tweede drie van die wedstryd. Foto: Christiaan Kotze

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Vyf ligapunte en geen beserings nie.

Dís mos nou wat ’n groot unie wil haal uit ’n besoek aan die Mbombela-stadion – en die WP se afrigter, Allister Coetzee, het dít en nog méér gekry uit sy span se Curriebeker-sege van 62-10 Vrydagaand oor die Pumas.

Nét so belangrik as die ligapunte vir Coetzee, was die stilte in sy gemoed waarmee hy vroeg gisteroggend die pad terug Kaap toe kon aanpak.

“Dís die soort intensiteit en akkuraatheid wat my die gemoedsrus gee dat moeiliker wedstryde vorentoe gewen kan word,” sê Coetzee.

“Ons balans tussen kragspel en die slaankrag van die agterspelers was fantasties. Die besluitnemers se kommunikasie was puik en dit het gesorg vir goeie afwisseling tussen die voor- en agterspelers.”

Die WP se veldtog blyk nou, danksy groot seges oor die Luiperds en Pumas, weer op koers te wees, nadat daar ’n insinking van drie nederlae agtereenvolgens teen die Haaie, Vrystaat en Leeus was.

Wat veral verblydend is, is dat die Streeptruie se Springbok-belaaide agterlyn ook tekens getoon het dat hy in die komende weke vir baie opwinding kan sorg.

Jean de Villiers, Juan de Jongh en Gio Aplon was almal onder die driedrukkers – en die vele dimensies aan die WP se spel was eenvoudig te veel vir die moedige Pumas.

“Ek dink die agterspelers was ongelooflik. Dit was een van hul beste vertonings van die seisoen,” sê Coetzee.

“Jy kan sien dat iets groei tussen Jean en Juan. Gio het agterlangs ook groot slaankrag gegee. JJ Engelbrecht se selfvertroue is terug en hy het op volle vaart gehardloop.

“Ons was nie op ’n lekker plek ná die drie nederlae nie, maar die stelling wat ons nou gemaak het, is dat ons ons nie weer daar wil bevind nie.

“Hierdie is ’n span wat tot sy volle potensiaal sal kan speel wanneer ons by die uitklopwedstryde kom. Ons bou op daarna.”

Ofskoon dit verblydend was om te sien hoe veral die vlugvoetige De Jongh en Aplon tot hul reg kom, was Vrydagaand ook wéér ’n triomf vir die WP se voorspelers.

Hulle het in die vaste afdelings oorheers en selfs ’n vaskop gehaak voordat Francois Louw die eerste van sy twee drieë gedruk het.

“Ons het die spelers gevra om op die vorige vertoning voort te bou,” sê Coetzee.

“Jy kan nooit as vanselfsprekend aanvaar dat alles seepglad sal verloop net omdat die Springbokke terug is nie. Dis al die klein goed wat ’n ou in plek moet kry voordat alles weer in plek val.”

Coetzee was ook in sy noppies met Willem de Waal se vertoning op losskakel, maar kon darem ook vir Gary van Aswegen vir 20 minute inspan om te sien wat in hom steek. Dié o.21-ster het sy breier ook nie teleur gestel nie.

Die beste ding wat die Pumas se afrigter, Jimmy Stonehouse, uit die wedstryd kan neem, is sy span se veggees. Hulle het eenvoudig nie opgegee nie en die WP hard laat werk vir die agt drieë.

Stonehouse het egter die haker Torsten van Jaarsveld en die slot Andries Kruger vir waarskynlik die res van sy span se ligabepalings met beserings verloor.

Hy het die WP ook geloof vir hul vertoning.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 185,995.00

FORD

Fiesta Flair 1.4i 5-dr AC MY99
2005
R 85,000.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.