Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

Chiefs te swak vir klipharde Crusaders

2010-03-13 23:19

Die Cursaders se George Whitelock (links) en die Chiefs se Richard Kahui (regs) spook in Hamilton, Nieu-Seeland, vergeefs om die bal.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Daar was sulke stories dat die Chiefs – in die lig van hul plek in die eindstryd verlede jaar – deesdae die voorste van die Nieu-Seelandse spanne in die Super14 is.

Maar dis bog. Die Crusaders is, op hul tradisioneel onskouspelagtige wyse, steeds die standaard waaraan spanne gemeet word.

Dis nie eens meer ’n vreesaanjaende span Crusaders wat Christchurch deesdae in die veld stoot nie, maar hulle het die outydse ongenaakbaarheid wat reeds sewe Super-titels na die Suid-eiland laat gaan het. Vrydag het hulle die Chiefs versmoor, hoewel die weer gehelp het.

Met die wind in sy blaaie het Daniel Carter die eerste helfte gedikteer, maar die Chiefs het minder voordeel uit die elemente getrek toe dit met die draaislag begin sous het.

Die Crusaders het Hamilton toe gegaan sonder hul gewone skrumskakel, Andy Ellis (harsingskudding), maar sy plaasvervanger, Kahn Fotuali’i, was een van die besoekers se sterre en het albei hul drieë gedruk danksy puik ondersteunende spel.

Die Chiefs was gereeld gevaarlik en enduit binne trefafstand, maar hul drie weg-oorwinnings was half vleiend en op hul tuisveld het twee van die kompetisie se menéér-spanne hulle nou twee naweke agtereenvolgens getroef. Hul reaksie op dié nederlae in die volgende 14 dae sal hul lot in die kompetisie bepaal.

Die Crusaders is onrusbarend. Hulle is nog ver van goed en hul powere lynstaan kan fataal wees, maar dié span is dikwels soos ’n diesel-enjin –?stadig om warm te raak en onkeerbaar daarna.

- Punte: Crusaders 26 (23): Drieë:Kahn Fotuali’i (2). Doelskoppe: Daniel Carter (2). Strafdoele:Carter (4).

Chiefs 19 (16): Drie: Richard Kahui. Doelskop: Stephen Donald. Strafdoele:Donald (4).

- Rapport

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Tester

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Java Developer

Gauteng,Gauteng - Johannesburg,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

LEARNING DELIVERY SPECIALIST

Gauteng - JHB North/Sandton
MultiChoice Africa

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 210,000.00

MERCEDES-BENZ

E 320 CDI
2005
R 209,995.00

TOYOTA

Corolla 1.4 Professional
2009
R 145,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KALK BAY

House R 13 000 000

MOSTERTSDRIFT

House R 16 000 000

SCHOONGEZICHT

House R 1 900 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...