‘Dankie, Dick,’sê Mitchell ná Leeu-sukses

2010-09-20 09:45

John Mitchell en Dick Muir voor die Bok-toets in Perth in Augustus verlede jaar. Foto: Gallo

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dick Muir het vandeesweek sweerlik sy aangenaamste week van 2010 gehad.

Muir is ná die Drienasies-reeks, waarin hy die Springbok-agterspelers gebrei het, terug in Johannesburg om te sien hoe sake by “sy” Leeus staan. Hy sou ’n span bespeur het wat met ál meer selfvertroue speel.

Muir het as die Lions se Super14-afrigter 13 nederlae uit 13 wedstryde ervaar.

Toe hy by die Bokke aansluit, was daar vlugtige blydskap met oorwinnings oor Wallis, Frankryk en Italië. Maar daarna het die Bokke 5 uit 6 Drienasies-wedstryde verloor en laaste op die punteleer geëindig.

Muir het nie kritiek vrygespring nie. Suid-Afrika het 29 of meer punte in al hul Drienasies-wedstryde afgestaan en vrae oor die Bok-verdediging en agterspel is tereg gevra. Muir se Lions het immers vroeër vanjaar die meeste punte én drieë nog in ’n Super-rugbyreeks afgestaan.

Die onlangse aanstelling van die Nieu-Seelander John Mitchell as hoof-afrigter van die Leeus en die Lions het boonop vrae laat ontstaan oor die invloed wat Muir voortaan as die Goue Leeus-Rugbyunie se direkteur van afrigting gaan, en kan, hê.

Tóg was dit die einste Mitchell, wat as die Leeus se Curriebeker-afrigter die afgelope weke gehelp het om Coca-Colapark weer lekker te maak, wat die afgelope week heuning om Muir se mond gesmeer het.

“Hierdie projek (om die Leeus weer ’n krag te maak) het al geruime tyd gelede begin – en Dick Muir is die een wat van dag een af rigting daaraan gegee het,” het Mitchell gesê.

“Ek is baie dankbaar om hier te wees, maar ek sou nie hier gewees het as dit nie vir Dick was nie.”

Muir was glo ten gunste van Mitchell se aanstelling as hoof-afrigter. Twee koppe is beter as een en albei afrigters deel glo ’n siening oor die pad wat vir die Leeus voorlê.

Muir het nie geskroom om jongelinge soos Jaco Taute, David Bulbring, Wigan Pekeur, Derick Minnie en Wandile Mjekevu aan Super-rugby bloot te stel nie.

Mitchell het dit intussen, in die ietwat rustiger waters van Curriebeker-rugby, verder gevoer deur Elton Jantjies, Warren Whiteley, Josh Strauss, Renaldo Bothma, Martin Bezuidenhout en Edgar Marutlulle te kies.

In ’n mate is dit ’n “onbekende” span wat Muir vandeesweek op die oefenveld sou sien. Dit is ’n span wat sterk onder die invloed van die Kiwi-drietal – Mitchell, Carlos Spencer (agterspeler-afrigter) en Wayne Taylor (kondisionering) – staan en die afgelope weke met veel meer struktuur speel, sonder om vindingrykheid en flair prys te gee.

In ’n mate het Muir vanjaar geboet vir die unie se sondes en moes hy noodgedwonge van voor af begin.

As Mitchell geglo kan word, was dit die begin van goeie dinge wat deesdae nie meer so moeilik is om raak te sien nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 185,995.00

FORD

Fiesta Flair 1.4i 5-dr AC MY99
2005
R 85,000.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.