Davey wag steeds vir dáái oproep ...

2010-09-18 21:55

Stiefseun van SA krieket ... Davey Jacobs op die oorlogspad vir sy Warriors teen die Bushrangers. Foto: Duif du Toit/Gallo Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die sleutel tot sukses in Twintig20-krieket is om te sorg dat dinge gebeur, eerder as om te wag dat dit gebeur.

Só sê Davey Jacobs, kaptein van die Warriors en die land se nuutste blits-liefling, nadat sy spogbeurt van 59 lopies van net 39 balle af die Victorian Bushrangers verlede naweek bykans eiehandig tot oorgawe gedwing het in die Kampioeneliga-toernooi.

Ironies genoeg “wag” Jacobs (28) egter reeds vir die grootste gedeelte van ’n dekade vir ’n oproep van die Proteas-keurders – selfs nadat hy die hoogaangeskrewe boul-aanval van die Australiese blitskampioen verrinneweer het.

Jacobs was veral ongenaakbaar teen Dirk Nannes, waarskynlik die voorste Twintig20-bouler ter wêreld.

Dié hotklou-sneltrein se eerste boulbeurt het ’n yslike 17 lopies gekos en was eindelik die grondslag vir die Oos-Kapenaars se sege met 28 lopies.

Dié span het gister teen Nieu-Seeland se Central Stags te staan gekom, nadat hulle vroeër ook maklik met die Wayamba Elevens van Sri Lanka afgereken het.

“Dis frustrerend dat ek nog nie daardie oproep ontvang het nie, want ál wat ek nog altyd wou doen, was om vir Suid-Afrika te speel,” het Jacobs dié week aan Rapport gesê.

“Ek was 17 toe ek vir myself ’n brief geskryf het waarin ek myself belowe dat ek alles binne my vermoë sal doen om dit reg te kry – en ek dra vandag steeds daardie stuk papier saam met my rond.”

Dít was die dag in 1999 toe die Proteas in hul halfeindstryd van die Wêreldbeker-toernooi deur Australië uitgeskakel is, ná die hartverskeurende uithardloop tussen Allan Donald en Lance Klusener.

“Ek het myself belowe dat ’n krieketwedstryd my nooit weer só hartseer sal maak nie en dat, sou ek ooit die kans kry, ek ’n Wêreldbeker vir die land sal wen.”

Jacobs het die Warriors verlede seisoen gelei na hul eerste twee trofeë in die geskiedenis van dié franchise, nadat hy ook reeds sukses behaal het by die voormalige Eagles-span van Corrie van Zyl, wat begin vanjaar as Mickey Arthur se opvolger aangewys is.

“Corrie weet waartoe ek in staat is, maar ek kan nie beheer wat hy en die res van die keurders besluit nie,” het Jacobs ­gesê.

“Al wat ek kan doen, is om dit vir hulle so moeilik as moontlik te maak om my te ignoreer – en daarom wil ek ­beïndruk met die kolf, in die veld én met die paaltjiewagter-handskoene.”

En hy hét: met twee van die toernooi se beste vangskote teen die Bushrangers, nadat hy die handskoene moes afstaan aan die Proteas-veteraan en wêreldrekordhouer, Mark Boucher.

“Soos enige ander speler is daar party dae dat ek wonder of ek ooit daardie oproep gaan kry, maar ek het geen behoefte om my heil in Engeland of enige ander plek te gaan opsoek nie,” sê Jacobs.

“Ek sal daarvoor wag tot ek 40 is. Al wat ek vra, is ’n kans, want ek wéét ek sal die span nie in die steek laat nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 185,995.00

FORD

Fiesta Flair 1.4i 5-dr AC MY99
2005
R 85,000.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.