Dis om van te huil...

2010-09-04 23:59

Jean de Villiers reik gister oor die Wallaby-doellyn vir sy drie. Foto: Christiaan Kotze

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

 Drie letters kon seker genoeg gewees het hiervoor, maar kom ons probeer liewer drie sinsnedes om mee af te skop: Te min. Te laat. Aanvanklik te blêrrie traak-my-nie-agtig.

Die Springbokke het gister so hittete nogmaals ’n oorwinning vanaf nêrens beklink, maar hierdie keer het die Wallabies net-net genoeg woema gehad om hul eerste oorwinning in Bloemfontein sedert 1933 en hul eerste in dun lug sedert 1963 te behaal – hoewel hulle duidelik nie die beste span op die veld was nie, was hulle waarde vir hul 41-39, want hulle het immers vir 80 minute aanhou speel, anders as hul gashere.

Hoewel die Bokke wéér mooi terug baklei het ná die draaislag en in ’n stadium 30 onbeantwoorde punte opgestapel het deur die druk te laai en kop te hou, het hulle nie die oorwinning verdien nie.

Daar was vandeesweek geluide dat die “negatiewe” media ’n remskoen is, so kom ons hou die Bok-bestuur gelukkig en probeer u wys te maak hulle het gister hier gewen.

U weet ek lieg – en as ál 45 miljoen van ons vanoggend vir mekaar probeer wysmaak dat die Bokke Australië getroef het, dan lieg ons ál 45 miljoen. Dalk moet die Bok-kamp dít ook vanoggend onthou.

Japanse bofbalspanne wat droogmaak, kom gereeld agterna op die veld om hul ondersteuners verskoning te vra – en dit was gister met rustyd hier so hittete ’n verrassing dat die Springbok-rugbyspan dit nie kom doen het nie.

Tot in daardie stadium was die hoogtepunt van die middag vir hul geesdriftige ondersteuners waarskynlik Dawid Fourie se Kaboemielies, selfs al maak kommersiële Afrikaanse pop hulle groen om die kiewe.

Nes op Loftus verlede week, kan ’n man agterna nie bra anders as om hul durf aan te prys nie.

’n Minder ervare Springbok-span sou so nimmer as te nooit kon herstel van ’n agterstand van 25 punte in net soveel minute nie.

Maar nogmaals moet ’n mens vra: sou ’n minder ervare Springbok-span in die eerste plek so kniediep in die doedoe beland het?

’n Paar ou hande, natuurlik, is altyd nodig, maar waar die Bok-wyses dié seisoen tekort skiet, is dat die ou groenes en die jong groenes nie saam ingespan word nie.

Is die gedagte om ’n jong span Brittanje toe te stuur as kanonvoer?

Gaan ons later vanjaar daaroor kla dat hulle nou weer te min ervaring in die span het? Hoekom nie liewer nou én later ’n sinvolle mengsel van ervaring en gô kies nie, of is dit eenvoudig te moeilik?

’n Mens se hart kramp vir Bryan Habana, ’n skitterspeler wat deesdae beswaarlik na sy eie skaduwee lyk en nogmaals ’n uitjouery moes ontgeld. Dinge gebeur net nie tans vir dié kêrel nie – en iemand moet tog ’n slag aan Bok-keurder en -breier gaan fluister dat die toetsveld nie die plek is om jou selfvertroue te herwin nie.

Hy was egter beswaarlik in die eerste helfte ál probleem.

Die Bokke se lakwerk was só verspot vrot dat die besoekers selde eens nodig gehad het om die bal deur meer as twee fases skoon te maak, alvorens die kritieke bresse geslaan is.

Nogmaals was minder as ’n halfuur nodig vir die toerspan om ’n bonuspunt-drie te behaal – en dis waarskynlik nou tyd om op te hou hande klap oor veggees en liewer hard-op te wonder oor voorbereiding.

Daar is vandeesweek vanuit die Springbok-kamp simpatie met Bees Roux se penarie uitgespreek.

Almal is sweerlik hieroor ontsteld, maar alvorens Peter de Villiers hom op die terrein van Strafsprosesreg begewe, is dit dalk tyd om hom van beter verdedigingspatrone te probeer vergewis.

Voordat die Bokke hier wakker geskrik het en onthou het hulle speel teen ’n deurmekaar vyftiental wat in die Groot Depressie laas in Bloem kon wen, het hulle sweerlik die swakste 40 minute se rugby van hul loopbane saam opgedis.

Daar is die afgelope anderhalwe dekade sulke beteuterde rugby – en erger – deur die Springbokke opgedis, maar nie deur so ’n talentvolle kombinasie as wat ons tans verteenwoordig nie.

Gurthrö Steenkamp se toekenning as Speler van die Wedstryd was dalk ’n tuisdorp-beslissing, maar hy was puik en Victor Matfield het gewys hy’s ver van klaar, al makeer hy dalk ’n ruskansie.

Jy kon nietemin nie anders as om na die Wallabies te kyk en te besef hulle het minder talent in hul geledere nie.

Hoekom lyk hul agterspelers dan soveel flinker as die Bokke s’n?

Hoekom kan Suid-Afrika se gedugter voorspelers nie hul ligter-in-die-broek kombinasie vir ’n hele wedstryd op die agtervoet hou nie?

Nee wat. Swak, Piketberg.

Jy kan nie aldag op jou stukke wees nie, maar hierdie span het nou in ses wedstryde ’n totaal van twee goeie helftes rugby aanmekaar gesit.

En dis, vet weet, nie die media se blêrrie skuld nie.

* Punte:

Wallabies 41 (31): Drieë: Kurtley Beale, James O’Connor, Stephen Moore, Rocky Elsom, Drew Mitchell; Doelskoppe: Matt Giteau (4), James O’Connor. Strafdoele: Giteau, Beale.

Springbokke 39 (13): Drieë: Jaque Fourie, Gürthrö Steenkamp, Jean de Villiers; Doelskoppe: Morné Steyn (3); Strafdoele: Morné Steyn (6).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
52 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bloem: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Enjoy 5-dr MY08
2009
R 124,994.00

TOYOTA

Corolla Verso 160 MPV
2007
R 155,990.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.