Faf mik nou na ’n plek in Protea-span

2010-03-06 22:10

eduan.roos@sport24.co.za

Terwyl nóg ’n Suid-Afrikaanse krieketspeler in sy nuwe Engelse vere amok maak, het die land vandeesweek een van sy eie teruggekry.

Dít kom nadat die belowende Faf du Plessis sy maandlange stryd om ’n werkpermit vir Engeland te bekom, verloor het.

Du Plessis se appèl, om vir ’n derde seisoen as Kolpak-speler vir die graafskap Lancashire te speel, is die afgelope week van die hand gewys omdat hy nie aan die nuwe, strenger immigrasiemaatreëls voldoen nie.

Daarvolgens sou Du Plessis reeds in die afgelope twee jaar in minstens 15 internasionale eendagwedstryde óf vyf toetse vir Suid-Afrika moes speel.

“Dis bittersoet,” sê Du Plessis aan Sport24.

“Aan die een kant is dit jammer dat ek nou nie meer die kans gaan hê om feitlik daagliks saam met en teen spelers van wêreldgehalte, soos (Muttiah) Muralitharan en (Andrew) Flintoff, te speel nie.

“Maar terselfdertyd het dit nou ’n deel van my loopbaan afgesluit en hopelik ’n nuwe een begin.”

En dít is om nou ál sy aandag te vestig op ’n plek in die Protea-span, nadat die Kolpak-ooreenkoms beteken het dat hy nie vir die Groen-en-Goud gekies kon word nie.

“Sê maar ek is nou ’n miljoen keer meer oorgehaal om vir my land te speel,” het dié byderwetse blondekop geskerts omdat hy nou digby R1?miljoen se inkomste by Lancashire sal verbeur.

“Ek het my tyd by Lancs baie geniet en my spel het beslis verbeter –?dit kan nie anders nie as jy dag-in en dag-uit teen die wêreld se voorste boulers kolf.

“Tog was ek maar elke keer hartseer as ek die nuwe name in die Suid-Afrikaanse A- of die Protea-span gesien het, want soos enigiemand was dit nog altyd my droom om vir my land te speel.”

En dis nie nét met die kolf dat Du Plessis naam gemaak het in die vreemde nie.

“Nie net is Faf ’n besonder talentvolle speler nie, maar in sy twee jaar hier het veral sy veldwerk nie gelyke gehad nie,” sê Peter Moores, Du Plessis se breier by Lancashire en oud-afrigter van Engeland.

“Dis ’n groot verlies vir ons, maar ons moet die beslissing en die nuwe kriteria aanvaar.

“Dis egter ’n jammerte vir ’n speler soos Faf, wie se toewyding en gehalte ’n verlies sal wees vir Engelse krieket.”

* Intussen het dié land se voormalige kaptein Michael Vaughan vandeesweek uitgevaar teen wat hy die “Suid-Afrikaanse kaping van die Engelse span” noem.

Dít kom nadat die Kapenaar Craig Kieswetter eergister, in net sy derde kitswedstryd vir Engeland (teen Bangladesj), ’n honderdtal gemoker het.

Dié aanvangskolwer en bedrewe paaltjiewagter is, ná Kevin Pietersen, Andrew Strauss, Matt Prior en Jonathan Trott, die vyfde Suid-Afrikaner van geboorte wat die afgelope dekade vir die Engelse span gekies is.

“Ek sal graag elf opregte Engelsmanne in die nasionale span wil sien,” het Vaughan aan cricinfo.com gesê.

- Rapport

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TDi Sportline Dsl
2006
R 195,995.00

TOYOTA

RAV4 2.0 4x4 5-dr MY00
1997
R 75,500.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2005
R 99,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.