'Frans kan beste word'

2010-03-13 23:19

Frans Steyn

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, glo Frans Steyn kan die wêreld se beste heelagter word.

“Hy het die gewig, die lengte, die skopvoet .?.?. hy het alles in sy guns,” het De Villiers die afgelope week gesê.
“As jy só ’n groot heelagter het, ontneem jy jou teenstanders die opsie van skop. Almal weet hy kan die bal met rente terugskop of ’n teenaanval loods. As hy in die lug om die bal meeding, troon hy ook bo sy teenstanders uit.
“Frans het al die eienskappe om die perfekte en beste internasionale heelagter te word.”
Steyn het verlede jaar vir Suid-Afrika in die toetsreeks teen die Britse en Ierse Leeus, sowel as in die Drienasiesreeks as heelagter geskitter.
Hy het hom intussen by die Franse klub Racing Metro aangesluit, waar hy binnesenter speel.
“Hy het uit ’n Bok-oogpunt die verkeerde besluit geneem om Suid-Afrika te verlaat, maar dit was dalk vir hom die regte besluit uit ’n finansiële oogpunt en om meer volwasse te word. As hy my egter môre bel en sê hy is terug in Suid-Afrika, sal hy dadelik weer in aanmerking vir die Bokke kom,” sê De Villiers.
Die Bok-breier het onlangs gesê dat hy Suid-Afrika se eerste toets vanjaar teen Wallis (op 5 Junie in Cardiff) as eenmalige proewe wil gebruik om te kyk watter oorsese Springbokke dalk in 2011 se Wêreldbeker-toernooi nog vir die Bokke ’n rol kan speel.
De Villiers wil oorsese Bokke wat in sy planne is vir die Wêreldbeker-toernooi, oorreed om aanstaande jaar hul rugby in die Super15-reeks te speel.
Steyn is egter nie van voornemens om voor middel 2012 na Suid-Afrika terug te keer nie.
“Frans is ’n lojale Suid-Afrikaner en ’n speler wat daarvan droom om die Springbok-trui te dra, maar nie ten koste van die onderneming wat hy vir sy Franse klub gegee het om tot 2012 by hulle te bly nie,” het Steyn se agent, Gerrie Swart, die afgelope week aan Sport24 gesê.
Steyn was verlede seisoen verreweg Suid-Afrika se beste heelagter.
De Villiers is op rekord dat hy slegs ’n speler van oorsee sal kies indien die betrokke individu noemenswaardig beter is as enigiemand wat in Suid-Afrika speel.
Hopelik sal hy Steyn in hierdie lig beoordeel.
;Steyn is intussen deur die Barbarians genooi om vir hulle op 30 Mei teen Engeland in Londen en op 4 Junie teen Ierland in Limerick te speel.
Die Barbarian-wedstryd teen Ierland is ’n dag voor Suid-Afrika se toets teen Wallis.
Die senter Jean de Villiers, wat vir Munster in Ierland speel, is ook in die Barbarians se planne vir hul wedstryd teen Ierland.
De Villiers en die Bok-keurders sal dus vinnig moet besluit of Steyn en De Villiers in in hul Wallis-planne is.

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Condor 2400i Estate MPV MY03
2003
R 121,000.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2010
R 99,900.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.