Haaie kook in pienk

2010-09-18 21:54

Keegan Daniel en Charl McLeod van die Haaie omhels mekaar ná McLeod ’n drie gedruk het in gisteraand se Curriebeker-wedstryd in Durban. Foto: Ian Carbutt

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dit was gistermiddag pienk plesier hier in die Haaitenk.

Die Haaie het hul voorsprong van agt ligapunte in die Curriebeker-rugbyreeks in stand gehou deur die Cheetahs met 30-16 te klop, nadat hulle rustyd met 18-9 voorgeloop het.

En dié keer het hulle darem ook uit ’n siesta in die eerste deel van die tweede helfte wakker geskrik om nog twee drieë te druk.

Die Haaie het gewys dit maak nie saak of hulle in wit of pienk speel nie, hulle kook nog steeds genoeg om bobaas te bly.

Daar was heelwat foute in die eerste helfte, wat net nooit regtig aan die gang kon kom nie.

Dit was so half bedeesd, veral nadat daar vooraf geglo is dit sou ’n oorlog en ’n half wees. Nie een van die twee spanne het gespeel soos hulle kan nie.

Die Cheetah-losskakel, Louis Strydom, het byvoorbeeld sommer vroeg al skeef gekorrel reg voor die pale. Gelukkig het hy enkele minute later daarvoor vergoed met ’n suksesvolle strafskop om die telbord aan die beweeg te kry.

Een Durbaniet wat uitgestaan het, was die flank, Willem Alberts.

Hy is behoorlik soos ’n oorlogstenk wat net een pad ken en dit is vorentoe. Hy het by geleentheid die slot David de Villiers en Jongi Nokwe soos ’n vrot vel afgestamp.

Ook die Durbanse vaskopstut, Eugene van Staden, was uitstekend.

’n Breekslag van hom in die tweede helfte, waarin hy goed 30 meter genael het, was een van die min kere dat die pienk-paviljoene regtig lewe gekry het.

Dié stewige stut is nou nie juis iemand wat jy jou in ’n pienk hemp kan voorstel nie, maar op hierdie spesiale dag vir kanker-bewuswording het hy gekook in dié skakering.

Die Cheetahs het nietemin vir lank in die Haaie se nekke geblaas, en dit het slim dinkwerk van die skrumskakel, Charl McLeod, geverg om ’n behoor­like punteverskil te bewerk­stellig.

Met 12 minute oor het McLeod die bal van ’n strafskop op die kwartlyn vinnig getik en tussen die wit truie deurgedartel.

Skielik was die gaping weer nege punte en die pad terug té vol slaggate vir die Bloemfonteiners. Veral met die Haaie wat allesbehalwe soos poeierkwaste in pienk verdedig het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 185,995.00

FORD

Fiesta Flair 1.4i 5-dr AC MY99
2005
R 85,000.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.