Kemp, Peterson in WB-planne

2010-09-11 23:00

Robin Peterson

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Suid-Afrika gaan straks in die komende krieketseisoen ’n paar ervare spelers terugbring in ’n poging om die Wêreldbeker-toernooi vir die eerste keer te wen.

Justin Kemp en Robin Peterson is twee van die voormalige spelers wat in die keurders se planne is om die Wêreldbekergroep vir volgende jaar se toernooi op die subkontinent te haal.

Peterson het gister uit Londen aan Sport24 bevestig dat hy sy Kolpak-status gaan opgee en weer beskikbaar sal wees om vir Suid-Afrika uit te draf.

“Ek moet nog net die besonderhede hier by Derbyshire afhandel, maar dis amper seker dat ek weer vir die Proteas beskikbaar gaan wees.”

Sport24 verstaan dat Corrie van Zyl en Andrew Hudson, onderskeidelik afrigter en sameroeper van die keurkomitee, groot voorstaanders van Peterson is.

“Ek het gesprekke met die SA span gehad, maar daar is geen beloftes aan my gemaak oor die span nie,” het Peterson gesê.

Wanneer ’n speler ’n Kolpak-kontrak met ’n Engelse graafskap onderteken, moet hy sy beskikbaarheid vir sy nasionale span prysgee.

Dis nogal ’n verrassing dat Peterson weer terug in tel is. Die draaiers Johan Botha en Roelof van der Merwe het hulself die laaste 18 maande in die span gevestig – en dít was een van die redes waarom Peterson besluit het om ’n Kolpak-kontrak te sluit.

Kemp se moontlike terugkeer is óók ’n verrassing. Hy het sy laaste wedstryd vir Suid-Afrika in 2007 in Pakistan gespeel en was heeltemal van die internasionale radar af die laaste paar jaar.

Hy het op daardie toer in Pakistan verskriklik gesukkel teen draaibalboulers en ’n mens sal moet sien hoe doeltreffend hy in volgende jaar se WB-toernooi op die stofblaaie in Indië en Sri Lanka sal wees.

Die uitvoerende hoof van die Cape Cobras, André Odendaal, het vandeesweek die aap uit die mou gelaat toe hy gesê het dat die Cobras in die komende seisoen waarskynlik sonder Kemp en Peterson sal moet klaarkom.

Die Cobras het die voormalige Engelse ster Owais Shah se dienste bekom om sy kolflys in die moontlike afwesigheid van die senior spelers te versterk.

Shah is nie die enigste oorsese ster wat vanjaar ’n bietjie glans aan die plaaslike seisoen gaan toevoeg nie. Die Dolphins het die dienste van die Engelse ster Kevin Pietersen vir ’n paar wedstryde bekom, terwyl een van die beste boulers van alle tye, Muttiah Muralitharan, vir die Titans gaan uitdraf.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 185,995.00

FORD

Fiesta Flair 1.4i 5-dr AC MY99
2005
R 85,000.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.