Malawi-berg lê voor SA netbalspan

2010-03-13 23:19

Die Malawiese netbalspan is op pad en die afrigter van Suid-Afrika se nasionale twaalftal het nou ’n eenvoudige mandaat vir haar verteenwoordigers op die baan.

“Nou is die tyd om ons ware karakter te wys, om ons standaard te lig en te produce. Die tyd vir grappies is verby. Malawi is op pad en ken mekaar so goed dat hulle omtrent met toe oë saam kan speel.

“Ons weet wat op die spel is – ons speel om te kwalifiseer vir ons weergawe van die Olimpiese Spele – en ons sal op ons allerbeste moet wees,” is die mantra waarmee afrigter Carin Strauss haar troepe vir die belangrikste toetsreeks van die afgelope twee jaar sal aanvuur.

Malawi het Maandag bevestig dat hy Suid-Afrika aanstaande maand in Pretoria in ’n toetsreeks van drie wedstryde sal aandurf. Die Proteas, die wêreld se nr. 6-span, moet die vyfde gekeurde Malawiërs klop om deur Saskok toegelaat te word om in Oktober na die Statebondspele te reis.

“Ons is vanselfsprekend verlig dat Malawi ingestem het om te kom, maar ons weet dat daar nou groot druk op ons gaan wees,” het Strauss gesê.

“Ons is rustig. Malawi het baie ondervinding en hul spelers is meer senior as ons s’n, maar ons het ook weer ’n paar ervare spelers teruggekry. Ons sal hopelik skerper as hulle wees, want ons het al vanjaar ’n klompie oefenkampe gehad en die spelers gaan (hierdie week) in die Meriete-toernooi in ’n taai kompetisie betrokke wees.”

Strauss het gesê haar een bekommernis is die gehalte van die skeidsregters wat in dié toetsreeks in aksie sal wees.

“Dis ’n internasionale reeks – en ’n baie belangrike een – en daarom het ons versoek dat die wêreldliggaam top-skeidsregters met baie ervaring hierheen stuur,” sê sy.

- Die wedstryde tussen Suid-Afrika en Malawi sal op 14, 16 en 17 April in Pretoria plaasvind.

- Rapport

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 4 2.0 Highline AT
2006
R 139,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 335,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.