Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

Manshokkie weet môre of hy na Statebondspele gaan

2010-03-13 23:19

Die Suid-Afrikaanse manshokkiespan sal môre weet of hulle kan begin voorberei vir die Statebondspele in Oktober in Indië.

Die span was vir die afgelope twee weke in Indië vir die Wêreldbeker-toernooi, waarin hy tiende geëindig het. Of hy sy belangrikste doelwit – om tot onder die top-5 spanne in die Statebond op te skuif – bereik het, sal egter eers duidelik wees wanneer die Internasionale Hokkiefederasie sy nuutste ranglys môre bekend maak.

Gideon Sam, die president van die Suid-Afrikaanse Sportkongres en Olimpiese komitee, het Vrydag aan Sport24 bevestig dat ’n besluit oor die mans se deelname aan die Statebondspele eers geneem sal word wanneer daar duidelikheid oor hul posisie binne die Statebond is. En, het hy bygevoeg, as die span wel kwalifiseer, sal hy behoorlik die kop gewas word vir die skande wat hulle verlede week teen Australië gemaak het. Die Proteas het met 12-0 teen die Aussies verloor in die grootste nederlaag in Wêreldbeker-geskiedenis.

“Dit was onverstaanbaar en dit het seergemaak, veral omdat dit teen die Aussies was. As dit teen ’n span soos Duitsland was, was dit een ding, maar toe’s dit Australië...” het Sam gesê.

Die Suid-Afrikaners het egter die afgelope week goed herstel van daardie vernedering deur die eerste keer in die geskiedenis met Pakistan af te reken en daarna gelykop teen Indië te speel. In die uitspeelronde het hulle eers ná ’n klipharde strafdoel-stryd teen Nieu-Seeland die knie gebuig.

Suid-Afrika het uiteindelik vyfde geëindig het van die sewe Statebond-lande in aksie by die Wêreldbeker. Indien hulle egter nie môre op die wêreldranglys opskuif tot vyfde van die Statebond-lande nie, tel dit vir niks, sê Sam.

“Hulle het hul lot in hul eie hande gehad. As hulle vyfde is, sal ons hulle in ’n blik druk en sê: Nou werk julle.

“En as ons hulle saamvat, wil ons hoor dat hulle mik om die eindstryd te wen, en niks minder nie.

“Die dae dat ons passasiers saamvat, is verby. Ons soek uitslae en ’n positiewe uitkyk,” het Sam gesê.

België en China, wat albei hoër as die dertiende gekeurde Suid-Afrika in die wêreld is, was nie by die Wêreldbeker-toernooi nie, sodat die Proteas hulle sal verbysteek op die ranglys. Hulle behoort Kanada (11de in die Wêreldbeker) ook in te haal.

Pakistan, wat twaalfde was en ook in die Statebond is, behoort teen die ranglys af te gly, maar hy is sewende gekeur en meer as 500 punte bo Suid-Afrika.

- Rapport

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Recruitment CA- Centurion
R330,000-380,000 Per Annum Cost To Company

Financial Manager

Gauteng - JHB South
Network Recruitment CA- Centurion
R420,000-480,000 Per Annum Cost To Company

Credit Manager

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Recruitment CA- Centurion
R330,000-490,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2007
R 85,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr Phase II
2007
R 79,900.00

PEUGEOT

207 GTi 1.6 3-dr
2007
R 129,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

VIERLANDEN

House R 1 750 000

BRYANSTON

Apartment R 1 300 000

CRAIGAVON

House R 1 290 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...