Meisie kan AB ‘pootjie’

2010-09-11 23:00

AB de Villiers, wie se kuier in Amerika by Ashleigh van der Hoven (inlasfoto) glo ’n paar bestuurslede van die Proteas omgekrap het. Foto: Gallo Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

AB de Villiers se nuwe liefde kan hom ’n plek in die Suid-Afrikaanse krieketspan kos vir aanstaande maand se reeks teen Zimbabwe.

Dié 26-jarige Proteas-kolfster is sedert Maandag in Los Angeles in die VSA om by “’n baie spesiale meisie” te kuier – ondanks die vermanings van Krieket Suid-Afrika (KSA) om ’n rehabilitasieprogram tuis te voltooi ná sy onlangse enkel-operasie.

De Villiers – wat pas die Indiese kaptein Mahendra Singh Dhoni onttroon het as die voorste kitskolwer ter wêreld – kon verlede week eers van sy gips ontslae raak en is in ’n wedloop teen die horlosie gewikkel om betyds te herstel vir dié reeks, wat op 8 Oktober in Bloemfontein begin met die eerste van twee Twintig20-wedstryde.

Hy sal egter eers einde vandeesmaand terugkeer van dié stad, waar hy by die beeldskone jong Kapenaar Ashleigh van der Hoven kuier.

De Villiers en Van der Hoven, ’n belowende model en aktrise wat in Los Angeles drama studeer, het vroeër vanjaar in die Moederstad ontmoet en is sedertdien glo “onskeibaar”.

Sy besluit om byna drie weke lank in Amerika vakansie te hou, eerder as om onder die wakende oog van KSA se mediese komitee – en spesifiek die Pro­teas se fisioterapeut, Brandon Jackson, te herstel, het van die Protea-bestuurslede glo erg omgekrap.

Aan Rapport is gesê dat die span nou “alles in die stryd moet werp” om voor te berei vir die Wêreldbeker-toernooi, wat in Februarie in Indië, Sri Lanka en Bangladesj begin.

De Villiers, wat onlangs ook die eerste Suid-Afrikaner tot nog toe geword het wat benoem is vir die Internasionale Krieketraad (IKR) se toekenning as die ondersteuners se gunsteling-speler ter wêreld, se spanmaats neem tans óf deel aan die Kampioeneliga-toernooi hier óf slyp by hul onderskeie franchise-spanne.

Hy het die afgelope week opgewonde aan vriende – waaronder die Blou Bul- en Bok-losskakel, Morné Steyn, en die Pro­teas-kolwer Herschelle Gibbs – op sy Twitter-blad vertel van sy vakansie “saam met ’n baie spesiale meisie”.

Mohammad Moosajee, die Proteaspanbestuurder en hoof van KSA se mediese komitee, het by navraag aan Rapport gesê dié talentvolle blondekop is aangesê om sy rehabilitasie in die VSA voort te sit.

“Hy moet twee keer per week ’n spesialis daar raadpleeg, wat dan volledige verslae oor sy vordering aan ons sal stuur,” het Moosajee gesê.

“Ons het aanvanklik gehoop hy sal dalk reg wees om reeds in die Twintig20-reeks te speel, maar dit lyk onwaarskynlik.”

Hoewel Moosajee volgehou het dat daar nie teen De Villiers opgetree sal word nie, het hy erken dat dié uitstappie sy herstelproses kan vertraag.

“As ons gelukkig is, kan hy vir die eendagreeks teen Zimbabwe terugkeer, maar ’n meer realistiese mikpunt is dalk eerder die toer na die VAE (Verenigde Arabiese Emirate),” het hy gesê.

Die Proteas kom einde aanstaande maand in Doebai en Abu Dhabi in ’n blits-, kits- en toetsreeks teen Pakistan te staan.

“Elke speler se besering vereis ’n ander benadering – en in AB se geval is dit dalk ’n goeie ding dat hy ’n bietjie kon wegkom, eerder as om homself hier te frustreer.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 185,995.00

FORD

Fiesta Flair 1.4i 5-dr AC MY99
2005
R 85,000.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.