Nóg 'n Bul-treffer

2010-03-13 23:19

Die Bulls-agtsteman, Pierre Spies, beur oor die doellyn vir 'n drie teen die Highlanders op Loftus.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Bulls stoom voort in die Super14 en hoewel hy gister hier ietwat daarvan verloor het in die tweede helfte van sy wedstryd teen die Highlanders, was daar nooit enige twyfel oor die uitslag nie.

Dit was veral daardie eerste halfuur, waarin die Bulls vier keer gaan druk het en by tye asemrowende rugby gespeel het, waar die penne ingeslaan en die gebiede afgepen is.

Fort Loftus is beveilig en al het die besoekers hoe hard terugbaklei in die tweede helfte, was dié een – die 14de wen in ’n ry – in die sakkie.

Die feit dat die Highlanders vyf keer oor die doellyn is, sou beslis ’n suur smaak in die mond gelaat het, veral omdat die Bulls se verdedigingsafrigter, John McFarland, van mening was dat hulle sekere leemtes uitgeskakel het.

Dié keer was dit die direkte duikslae wat gelol het, met veral Israel Dagg wat die Bulls se lewens vergal het.

By tye het dit twee, drie verdedigers gekos om hom neer te trek en sy driekuns aan drieë was welverdiend.

In totaal is 12 drieë gedruk, maar geeneen was beter as dié van Gerhard van den Heever nie.

Dié 21-jarige vleuel het die bynaam van Shadow en nou weet die Highlanders ook hoekom. Hulle het 70 meter ver sy skaduwee gejaag.

Die Highlanders het met die openingsarsie gevaarlik gelyk, maar Gary Botha het die rekening geopen ná ’n goeie lopie deur Danie Rossouw.

’n Minuut of wat later, ná ’n Pierre Spies-lopie die bres geslaan het, is Francois Hougaard in die linkerkant oor voordat Van den Heever in die regterhoek oor is.

Dagg het self goed 60 meter genael vir sy eerste drie ná ’n Bulls-beweging vanaf ’n lynstaan nié gewerk het nie en die bal deurgeskop is.

Met Zane Kirchner in die agterlyn was daar niemand om te keer nie en sy Highlander-eweknie kon sy span se eerste punte op die telbord kry.

Kirchner het die volgende drie aangevoer. Hy het sy eie hangskop gejaag en die Highlander-ontvanger nie toegelaat om die bal te bemeester nie. Dewald Potgieter het die bal beheer, Derick Kuün gevind en hy het Wynand Olivier in die hoekie oorgestuur vir die Bulls se bonuspunt binne die eerste halfuur.

Die vyfde drie, net ná die halfuur-kerf was sekerlik die maklikste van die klomp.

Die Highlanders kon nie ’n Steyn-hangskop bemeester nie en ná Potgieter weer prominent was, het Stephan Dippenaar Spies deurgejaag vir sy eerste vyfpunter vanjaar.

Spies het in die laaste minute gaan druk om die vyftigtal aan Steyn oor te laat en die skerpskutter het geen probleme daarmee gehad nie.

Daar was nog tyd vir Dagg om sy driekuns te behaal, wéér na redelike lakse keerwerk deur die Bulls, maar die Bulls is steeds bo aan die punteleer.

- Rapport

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Condor 2400i Estate MPV MY03
2003
R 121,000.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2010
R 99,900.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.