Oud-Stormer Britz in storm ná ‘plathand-voorval’

2010-08-21 22:08

Dawid Britz

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die voormalige Stormers-haker Dawid Britz bevind hom midde-in ’n nuwe rugbystorm, nadat hy Vrydagaand na bewering ’n lid van Maties se afrigtingspan geslaan en dié se oortrommel gebars het.

Belius Potgieter, bestuurder van die Maties-rugbyklub, het gister aan Sport24 bevestig dat die beweerde voorval vandeesweek met die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) opgeneem gaan word.

Dié betrokke voorval het eergisteraand na afloop van ’n wedstryd tussen Maties en Durbanville-Bellville se tweede spanne in die Danie Craven-stadion in Stellenbosch plaasgevind.

Britz was een van Durbanville-Bellville se reserwes. Hy het glo ná ’n woordewisseling die Maties-hulpafrigter Beau Schoeman, wat in sy fleur 49 wedstryde vir Boland gespeel het, na bewering met ’n plat hand teen die oor geslaan. Schoeman se oortrommel het gebars.

“Ons gaan die voorval vandeesweek aan die WPRU rapporteer. Hopelik sal hulle dissiplinêre stappe neem. Wat gebeur het, is onaanvaarbaar,” sê Potgieter.

Schoeman het gister die gebeure aan Sport24 bevestig.

Hy is kort ná die voorval deur ’n dokter ondersoek en daar is oënskynlik ’n gat in sy oortrommel.

Schoeman sou gister vir ’n verdere mediese ondersoek gegaan het en sou ook sy prokureur geraadpleeg het.

Hy het skynbaar ná die Maties se wedstryd teen Durbanville-Bellville probeer om die vrede te bewaar toe ’n woordewisseling tussen dié twee spanne se spelers uitgebreek het terwyl hulle gewag het dat die eerste spanne opdraf.

Britz het na bewering “baie kru taal” teenoor die Matie-spelers gebruik.

Schoeman het nog nie besluit of hy enige regstappe teen Britz gaan neem nie.

“Die ouens het gesê ek moet ’n siviele saak aanhangig maak, maar ek is nie regtig lus vir sulke dinge nie,” het Schoeman gister gesê.

Durbanville-Bellville se afrigter, Chris Havenga, het gister gesê hy dra kennis van die voorval.

“Ek het dit nie gesien nie, maar wel (die hou) gehoor,” sê Havenga.

Hy sê hy keur nie die voorval goed nie en het sy ontevredenheid daarmee aan Britz oorgedra.

Volgens Havenga gaan Britz intern deur die klub verhoor word.

Britz, wat in 2005 vir twee jaar geskors is weens die gebruik van anaboliese steroïede, wou gister nie oor die voorval praat nie.

Maar hy het in ’n SMS aan Sport24 gesê hy sal, indien nodig, op “die gepaste tyd en plek” op die beweringe reageer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
29 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 185,995.00

FORD

Fiesta Flair 1.4i 5-dr AC MY99
2005
R 85,000.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.