Pillay lag laaste; 4 atlete in nuwe ASA-raad

2010-09-18 21:54

Geraldine Pillay

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Aan die einde van ’n stormagtige week waarin sy haarself (onskuldig) in die middel van ’n opkikker-herrie bevind het, het Geraldine Pillay gister laaste gelag.

Dié voormalige nasionale naelloop-koningin is gister op ’n spesiale vergadering van Atletiek Suid-Afrika (ASA) as atlete-verteenwoordiger in die nuwe ASA-bestuursraad van nege lede ­verkies.

Dít, nadat sy betrek is by ’n opkikker-storie waarin verkeerdelik gesê is dat sy in 2008 in Ethiopië op die Afrika-kampioenskappe met ’n “verbode” middel, Actovegin, ingespuit is op aanbeveling van die destydse nasionale afrigter, die voormalige Oos-Duitse breier Ekkart Arbeit.

Dié middel was in ’n stadium op die verbode lys, maar is daarna afgehaal.

Pillay het gister met onder andere twee ander voormalige sterre – Okkert Brits, Suid-Afrikaanse rekordhouer in die paalspring en Shaun Bownes, SA rekordhouer in die 110-hekkies – afgereken as nuwe atlete-verteenwoordiger.

Pillay was aanvanklik lid van die tussentydse ASA-raad ná die skorsing van die ou Leonard Chuene-regime, maar sy het haar onlangs uit dié tussentydse raad onttrek oor ontevredenheid met die samestelling van die SA span na die junior wêreldkampioenskappe en na die Afrika-kampioenskappe in Kenia.

Gister se verkiesing was inderdaad ’n triomf vir voormalige SA atlete.

Saam met Pillay is ook marathon-koning Hendrick Ramaala en 400-rekordhouer Arnaud Malherbe (as bykomstige lede) en die voormalige langasem-ster Blanche Moila (as voorsitter van landloop) in die nuwe raad verkies.

Die WP se atletiekbaas, James Evans, is met akklamasie as nuwe voorsitter van ASA se baan- en veldkomitee verkies. Ook hy het onlangs uit die tussentydse ASA-raad bedank oor ontevredenheid met die hantering van sekere sake.

Aleck Skhosana van KwaZulu-Natal is die nuwe voorsitter van die padwedlope-komitee, terwyl Motlatsi Keikabile (Noordwes-Noord) en Pieter Lourens (Boland) ook as bykomstige lede verkies is.

Willien Fourie, ’n jarelange staatmaker in SA studente-atletieksake, is beloon vir haar harde werk en sal die SA Studente-atletiekvereniging in die nuwe ASA-raad verteenwoordig.

Tussen die bekendes wat gister nié die paal in die nuwe raad gehaal het nie, tel onder andere die langasem Willie Mtolo, Gauteng-Noord se James Mokoka, Noordwes se Jean Verster, die OP se Godfrey Goliath en die Vrystater Klasie Geldenhuys.

’n Nuwe voorsitter in die plek van Chuene sal later verkies word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 185,995.00

FORD

Fiesta Flair 1.4i 5-dr AC MY99
2005
R 85,000.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.