Pumas se spog-losskakel terug na sy wortels

2010-09-18 21:55

Elgar Watts. Foto: Lee Warren/Gallo Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

“Man, eintlik het ek maar ’n bietjie baie huis toe verlang,” het Elgar Watts, losskakel van die Pumas, aan Sport24 gebieg.

’n Eerlike bieg, wat nes ’n shiraz uit die Paarl op ’n man se tong sy lê in saligheid kom kry – want dit is van dáár dat Watts kom, waar hy getoë is, waar hy verlede jaar die Boland gegroet het. En waarheen hy aan die einde van die Curriebeker-reeks terugkeer.

Watts, ’n oud-leerling van Klein-Nederburg en later ’n Maties-tweedeskakel, het die Boland verlede jaar te midde van ernstige struwelinge in en om die raadsaal vir die Pumas verlaat.

Dié span het onder Jimmy Stonehouse vir die Premierliga van die Curriebeker-reeks gekwalifiseer – die Kavaliers is gerelegeer.

Terwyl die Boland sy huis in orde moes kry, het sake in die SWD se raadsaal nóg meer beroerd geraak.

Nóg ’n Paarliet en belowende losskakel het sy pad toe van daar na Witbank gevind – Ricardo Croy.

“Hierdie kompetisie was baie goed vir ons albei se spel. Wanneer daar nóg ’n speler in jou posisie is, dwing dit jou om ekstra hard te werk om nommer1 te word en daar te bly,” sê Watts.

Terwyl wisselvalligheid nog altyd sy donker skaduwee was, was daar vanjaar meer ligte oomblikke in sy spel.

Dié knaap het lang bene en treë soos ’n resiessprinkaan en maak met ’n gat soos Kimberley – hy kom met diamante vorendag. Vanjaar reeds sewe van hulle.

Teen die Luiperds het hy drie drieë gedruk. En teen die Blou Bulle het hy in die eerste rugbywedstryd in die Mbombela-sta­dion in Nelspruit vir Wynand Olivier en Kie. in die middelveld gebinne-buite-fop soos ’n koshuiskind in ’n agtermiddag touchies-wedstryd. Vyf punte, ­dankie!

Só goed kan hy wees, en net so bly is Louis Koen, die oud-Bok en hulp-afrigter van die Boland, om hom terug te hê.

“Ek hoop regtig Rassie Erasmus neem kennis dat hy terugkom Kaap toe. Hy sal perfek pas in die Stormers se struktuur.

“Met Dewaldt Duvenage wat ’n wedstryd met sy voet kan dikteer, sal dit geweldig baie druk van Elgar af haal. Hy is nie by uitstek ’n skoppende losskakel nie, en daarom dink ek hy en Dewaldt sal ’n skitterende kombinasie wees. Man, selfs al betrek hulle hom net in ’n paar vriendskaplike wedstryde, sal dit wonderlik wees.

“Ek kan Elgar se lof nie genoeg besing nie. Hy is na my mening een van die beste losskakels in die land. Met hom en Willie le Roux in die Boland, sal hulle mekaar ook kan druk om die beste te wees. Met hulle sal die Boland vorentoe kan gaan,” het Koen gesê.

“Dit is darem elke spelers se droom om mettertyd Superrugby te speel. Dit is beslis een van my doelwitte vir wanneer ek terug is,” het Watts bygevoeg.

Stonehouse meen skaafwerk aan sy skoppe na die pale toe moet aandag kry, maar dat hierdie speler (wat hy spyt is om te verloor) dit in hom het om op ’n hoër vlak rugby te speel.

Juis daarom is dit net die regte tyd dat sy en Koen se paadjies weer kruis – Koen en nog ’n voormalige Springbok-losskakel Braam van Straaten het ’n skop-akademie.

“Toe Elgar voorheen by die Boland was, het ons nie werklik aan sy skoppe aandag gegee nie, want toe was Justin Peach ons gereelde skopper.

“Elgar is ’n baie goeie aanvallende losskakel, maar hoe gouer ons ook aan sy skoppe kan werk, hoe beter vir sy loopbaan en sommer vir Boland ook,” het Koen gesê.

“Ek het ’n goeie aanbod van die Boland gekry en dit is meer as toe ek daar weg is. Ek sien regtig uit daarna om huis toe te gaan. Dis nuwe spanmaats, ’n nuwe afrigter. En dit is waar my mense is,” aldus Watts.

En die Boland sê: “Tjeers!”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 185,995.00

FORD

Fiesta Flair 1.4i 5-dr AC MY99
2005
R 85,000.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.