SA krieket soek 'redder'

2010-02-20 23:35

Die soektog na die “redder van Suid-Afrikaanse krieket” het eergister begin, met die besluit om ’n voltydse raadgewer by Krieket Suid-Afrika (KSA) aan te stel.
Dié besluit was een van verskeie wat Vrydag, tydens ’n raadsvergadering van KSA, in Johannesburg geneem is, in die nadraai van die skok-bedanking van Mickey Arthur as afrigter van die nasionale krieketspan en die Proteas se gelykop-uitslag in die toetsreeks teen Indië.
Arthur het die land sowat drie weke gelede geskok toe hy die tuig kort ná die Suid-Afrikaners se reeks teen Engeland – en ná sowat vyf jaar – neergelê het.
Dít, nadat KSA besluit het om die land se krieket-struktuur op sy kop te keer – iets waarmee Arthur homself nie kon vereenselwig nie.
Hoewel KSA eergister in ’n persverklaring daaroor geswyg het, verneem Sport24 dat die pos van dié raadgewer eersdaags geadverteer sal word.
Dié persoon sal die gebreke in die nasionale span se mondering identifiseer en voorstelle aan die afrigter, Corrie van Zyl, maak oor hoe om te werk te gaan om dié probleem op te los.
Van Zyl, wat tans as tussentydse afrigter saam met die span in Indië is, sal tot ná die Wêreldbekertoernooi in 2011 in die subkontinent, aanbly.
Dié raadgewer sal permanent in diens van KSA wees, maar nie saam met die span toer nie. Hy sal ook net aan Gerald Majola, uitvoerende hoof van KSA, verslag doen.
Een van die voorbeelde wat, as deel van dié raadgewer se rol, bespreek is, is dié van die sukkelende JP Duminy.
Dié Kaapse hotklou-kolwer beleef ’n nagmerrie-seisoen en is ’n skadu van die speler wat die Aussies einde voorverlede jaar op eie houtjie na oorgawe gedwing het.
“Só kan daar deur die raadgewer besluit word om ’n afrigter van ’n ander sportkode, ’n sielkundige of selfs Duminy se voormalige skool-afrigter te betrek om op ’n tydelike basis met hom te werk,” is aan Sport24 gesê.
;Intussen blyk Jeremy Snape se dae as die Proteas se kopdokter getel te wees.
Snape, ’n voormalige Engelse kitsspeler, het hom kort voor die Protea-toer na Engeland voorverlede jaar by die span aangesluit ná ’n suksesvolle Indiese Premierliga (IPL)-toernooi saam met Graeme Smith se Rajasthan Royals.
Hy is egter sedertdien net “tydelik” by die span betrokke. ’n Sielkundige sal voortaan net op deeltydse basis by die span betrokke wees.
Buiten Van Zyl se aanstelling, sal Kepler Wessels as kolf-afrigter en keurder behou word en is die Warriors se Rusty Theron met ’n nasionale kontrak beloon.
;KSA het ook besluit om uiteindelik toe te tree tot die voortslepende Gauteng-debakel.
Die nuutverkose Gautengse Krieketraad (GKR) is die afgelope maande in ’n twis met verskeie van die provinsie se klubs betrokke, nadat dit vroeër verlede jaar, onder leiding van die omstrede Alan Kourie, ook met KSA haaks was.
’n Onpartydige regskenner, vermoedelik ’n oud-regter, sal binne die volgende drie weke sy bevindinge rakende dié gestry aan KSA voorlê, waarna daar opgetree sal word.
;Die Dolphins het ook eergister hul besluit om die kontrakte van vyf van dié franchise se mees se ervare spelers op te skort, herroep.
Andrew Hall, Johann Louw, Pierre de Bruyn, HD Ackerman en Alfonso Thomas sal nou steeds tot einde April betaal word, nadat Tony Irish, uitvoerende hoof van die land se krieketspelersvereniging (Saca), die Dolphins met regsoptrede gedreig het.
 

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Condor 2400i Estate MPV MY03
2003
R 121,000.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2010
R 99,900.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.