Selfs Tendulkar kon Lions-partytjie nie bederf

2010-09-11 23:00

Sachin Tendulkar op pad na sy sprankelende 69 lopies in die Kampioeneliga-wedstryd teen die Lions. Foto: Christiaan Kotze

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Vir die meeste van die Lions was eergisteraand se sege teen die Mumbai Indians die hoogtepunt van hul loopbane – maar as dit van Alviro Petersen afhang, wag daar nog heelparty opskuddings in die volgende week of wat.

Dié aanvangskolwer en Lions-kaptein was die nederigheid vanself, nadat sy span die sterbelaaide Indians met 9 lopies geklop het in ’n rillerstryd op die Wanderers, die eerste van vanjaar se Kampioeneliga-toernooi.

“Dit was ’n uitstekende begin en meer as wat ons ooit kon verwag het,” het Petersen agterna gesê.

“Op papier is hulle ’n baie beter span as ons, maar krieketwedstryde word nie op papier gespeel nie. Of ons teen Sachin Tendulkar speel, of teen Jan Alleman, ons speel met dieselfde toewyding.”

Tendulkar het byna die Lions se partytjie bederf met ’n sprankelende 69 lopies, in antwoord op die tuisspan se 186/5 in sy toegelate 20 boulbeurte.

Hy is egter in die 15de boulbeurt van sy span se lopie-jaagtog deur Shane Burger (2/33) verwyder, wat kort daarna ook die onheilspellende beurt van Kieron Pollard (19) kortgeknip het en die tafel gedek het vir die Lions se verrassende sege.

Dít, nadat Asoka de Silva, die Sri Lankaanse skeidsregter, in net die tweede beurt so byna Johannesburg se harte gebreek het deur aan Tendulkar ’n lewe te gun, nadat Ethan O’Reilly hom been voor paaltjie betrap het.

“Dis maar iets wat een of ander tyd met elke bouler gebeur,” het O’Reilly gesê.

“Ek het net die heeltyd vir myself probeer sê dat dit nie Tendulkar voor die paaltjies is nie, maar net ’n doodgewone kolwer. En dit het gewerk.”

Volgens Petersen is die Lions tevrede daarmee om nie veel van ’n wenkans gegun te word nie: “Die media en ondersteuners het die Indians dalk as die oorweldigende gunstelinge beskou, maar ons weet waartoe ons in staat is en het altyd bly glo dat ons kan wen,” het hy gesê.

Vroeër was Jonathan Vandiar (71) en Neil McKenzie (56*) die tuisspan se groot helde.

Dié twee se vennootskap van 64 lopies om die vierde paaltjie het, nadat Petersen, Richard Cameron (9) en Vaughn van Jaarsveld (13) kort ná mekaar die aftog moes blaas.

“Die Lions verdien al die lof,” het JP Duminy, die Indians se Suid-Afrikaanse kolwer, gesê.

“Hulle het uitstekend gekolf en hul boulers was onverbeterlik in die laaste vier boulbeurte. Ons het net weer gesien dat dié ’n spansport is en dat almal moet bydra – ongeag hoeveel supersterre daar in jou span is.”

Petersen-hulle kom vandag reeds op SuperSportpark in Centurion teen die South Australian Redbacks te staan, waarna die Royal Challengers Bangalore en Guyana van die Wes-Indiese Eilande hier slaags is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 185,995.00

FORD

Fiesta Flair 1.4i 5-dr AC MY99
2005
R 85,000.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.