Seppie jag boogskiet-goud in Nieu-Delhi

2010-09-18 21:55

Seppie Cilliers, Suid-Afrika se bobaas-boogskieter.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hy spog reeds met twee wêreldrekords, die tweede beste algehele punte-telling van alle tye en Wêreldbeker-goud.

Maar vir eers plaas Seppie Cilliers al hierdie fantastiese prestasies op die agtergrond. Vir die volgende paar weke droom dié Pretoriase boogskieter net van een ding: Statebond-goud.

In ’n land waar die leeue-aandeel van aandag en publisiteit vir die voorste swemmers en atlete bespreek word (en tereg ook, hulle sorg darem altyd vir die meeste medaljes), raak die suksesverhale in sogenaamde kleiner sporte dikwels verlore.
Soos die merkwaardige prestasies van die 31-jarige Cilliers.

In die afgelope twaalf maande het hy nuwe wêreldrekords oor afstande van 30 m en 50 m opgestel. Hy het saam met Nico Benadé (wat ook in die Statebond-span is) en Riaan Crowther Wêreldbeker-goud gewen.

En hy is een van net ’n handvol boogskieters wat die magiese 1 400-kerf (uit ’n totaal van 1 440 punte) twee keer kon oortref.

Sy hoogste telling is 1 418, een minder as die wêreldrekord.

Dis danksy vertonings soos dié, en ook die goeie werk wat sy landgenote die afgelope paar maande gedoen het, dat Cilliers glo hulle kan die land aanstaande maand rede gee om te glimlag: “Nico het ook al die 1 400-kerf behaal en het baie internasionale medaljes in sy versameling, en Koos de Wet (die derde lid van die kragboogspan) het vier of vyf weke gelede silwer in China gewen. Ons is ’n sterk span met baie ervaring, so ons het ’n goeie kans. Dis maar altyd moeilik om te droom van goud in boogskiet – soos gholf is boogskiet ’n sport waar blote millimeters ’n reuse-verskil kan maak, so ’n mens het geluk ook nodig.”

Die vierde Suid-Afrikaner wat Indië toe gaan is Jorina Coetzee. Waar die mans aan ’n span- en individuele kompetisie sal deelneem, sal sy net individueel meeding. Coetzee het al silwer op ’n wêreldbyeenkoms gewen.

Cilliers sê Suid-Afrika se grootste teenstand op die Spele sal Engeland, Australië, Nieu-Seeland, Indië en Kanada wees.

“Toe ek in 2006 in Indië gaan skiet het, was daar ’n raserige skare. Ons moet dít hanteer, en weersomstandighede wat anders as hier is. Gelukkig is ons op alles daarop voorbereid,” sê hy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 185,995.00

FORD

Fiesta Flair 1.4i 5-dr AC MY99
2005
R 85,000.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.