Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

Slypkans vir Wêreldbeker

2010-03-13 23:19

Sy ore het nog skaars opgehou met suis ná die dwarsklappe wat hy en sy Protea-spanmaats verlede maand by Virender Sehwag en Sachin Tendulkar gekry het, of Morné Morkel en ’n dosyn van sy landgenote is reeds terug in Indië – dié keer in die blink vere van hul skatryk Indiese Premierliga (IPL)-spanne.

En hoewel Morkel en sy Rajasthan Royals weer een van die gunstelinge is om die boerpot oor net meer as ’n maand los te slaan, erken dié lenige snelbouler dat hy om ánder redes na dié blitsreeks uitsien.

“Ek sal jok as ek sê dat ’n blaaskans nie lekker sou gewees het nie,” het Morkel vandeesweek, kort voor sy vertrek na Indië, aan Sport24 gesê.

“Maar die IPL is ’n ongelooflike gebeurtenis en die hoogtepunt op baie mense se krieketkalender. Dis boonop ’n laaste kans om onsself reg te kry vir die Twintig20-Wêreldbeker én om ’n plan te beraam vir Tendulkar en Sehwag.”

Die Proteas is weer vroeg in Mei met Indië slaags, wanneer blitskrieket se Wêreldbeker in die Wes-Indiese Eilande plaasvind. Hulle speel enkele dae later in hul enigste ander groepwedstryd teen Afghanistan.

Dié twee was verlede maand die Proteas se grootste pretbederwers in dié span se sukkeltoer in Indië. Morkel-hulle het weliswaar die toetsreeks met 1-1 gedeel, maar met 1-2 in die eendagreeks verloor.

Sehwag het tellings van 109 en 165 in die twee toetse gemoker, terwyl Tendulkar in Gwalior die eerste kolwer nóg geword het wat ’n kits-dubbelhonderdtal aangeteken het.

“Hulle was briljant en ons is nou behoorlik keelvol vir veral Sehwag. Dis asof hy altyd sy beste beurte vir ons hou,” het Morkel gesê.

Sehwag het ook tydens die Proteas se vorige toer na Indië (in 2008) ’n vlekkelose beurt van 319 in die Chennai-toets geslaan.

“Met sulke ouens kan jy dit eenvoudig nie bekostig om selfs die kleinste fout te maak nie. Veral Sehwag kan feitlik enige aflewering vir ’n ses slaan. Ons sal hom fyn dophou met die oog op ons wedstryd teen hulle.”

Die Proteas kon in twee vorige probeerslae nie verder kom as die halfeindronde van die Twintig20-Wêreldbeker nie en Corrie van Zyl, nasionale afrigter, sal die spelpeil van die Suid-Afrikaners fyn dophou om die span se eerste sukses in ’n wêreldtoernooi in meer as ’n dekade te probeer verseker.

Morkel en sy Royals-spanmaat Graeme Smith is so te sê verseker van hul insluiting in die 15-tal, terwyl Jacques Kallis, Mark Boucher, Dale Steyn en Roelof van der Merwe (Bangalore Royal Challengers), AB de Villiers (Delhi Daredevils), Herschelle Gibbs (Deccan Chargers), Charl Langeveldt (Kolkata Knight Riders) en Albie Morkel (Chennai Super Kings) ook maar hul tasse kan pak.

Die Warriors se Rusty Theron kan die enigste nuweling wees, nadat hy onlangs deur die Kings XI Punjab opgeraap is ná ’n uithalerseisoen vir die Oos-Kapenaars.

Sy vermoë om die een streepbal ná die ander in die laaste boulbeurte af te stuur, maak van hom die ideale doepa vir Van Zyl se doodsnik-boulwerk-kopsorge.

- Rapport

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

Gauteng - JHB South
Network Recruitment CA- Centurion
R420,000-480,000 Per Annum Cost To Company

Credit Manager

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Recruitment CA- Centurion
R330,000-490,000 Per Annum Cost To Company

Management Accountant

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Recruitment CA- Centurion
R450,000-500,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2007
R 85,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr Phase II
2007
R 79,900.00

PEUGEOT

207 GTi 1.6 3-dr
2007
R 129,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KALK BAY

House R 13 000 000

MOSTERTSDRIFT

House R 16 000 000

SCHOONGEZICHT

House R 1 900 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...