Sunette is spies-adel

2010-09-18 21:55

Pure goud .?.?. Sunette Viljoen vroeër vanjaar in aksie op die Britse Grand Prix-byeenkoms in die Gateshead-stadion.| Foto: Stu Forster/Getty Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die dag toe sy vir Barbora Spotáková op dié Tsjeggiese wêreldrekordhouer en Olimpiese kampioen se tuisbaan in Praag geklop het, het Sunette Viljoen haarself uiteindelik ná vele terugslae, teleurstellings én ’n sporadiese hoogtepunt hier en daar op vroue-spiesgooi se wêreldverhoog aangekondig.

Dít was op 14 Junie. Sunette se wen-afstand voor ’n fanatiese pro-Spotáková-skare was ’n nuwe Afrika-rekord van 66.38 – tot vandag toe 2010 se sewende beste gooi ter wêreld én nommer 15 op die wêreldlys van alle tye.

Agterna, vertel Sunette aan Rapport, het “Spottie” na haar toe gestap en gesê: “Sunette, vandag het jy my én vroue-spiesgooi se respek gekry.”

Dié was een van twee keer dat Suid-Afrika se Statebondskampioen vanjaar met die grote Spotáková (haar wêreldrekord is 72.28) afgereken het. Sunette het óók vanjaar met die Duitse supersterre Christina Obergföll en Linda Stahl én Amerika se nommer 1, Kara Patterson afgereken.

Sy het nou anderdag in Split, Kroasië, op die eerste Interkontinentale Beker-byeenkoms ’n silwermedalje vir Afrika gewen. Haar temmer dáái dag was die Rus Maria Abakumova, vanjaar se nommer?1 op die wêreldlys (68.89).

“Ja,” vertel dié 25-jarige boorling van Rustenburg en lid van die NWU-Pukke se atletiekklub, “die Rus hét my in Split met amper 6?meter geklop, maar vir my was die silwermedalje steeds iets besonders. Want my een vastraptoon moes kort vóór Split doodgespuit word, nadat ek hom ’n paar weke voor Split in Zürich met my eerste gooi in twee geskeur het.

“Daai dag in Zürich, op die Diamantliga-eindstryd, was die enigste keer vanjaar dat ek nie verder as 60?meter kon gooi nie (haar afstand in die sewende plek was 59.97). Ek het ná Zürich sewe steke ontvang en die toon was in Split nog alles behalwe gesond.” (Sunette se Split-afstand was 62.21).

Sy sê dáái toon is nou weer 100% – en sy oefen deesdae dat dit klap om volgende maand in Nieu-Delhi, Indië, haar Statebondstitel met welslae te gaan probeer verdedig.

Sunette is, saam met waarskynlik net die wispelturige Caster Semenya (800) en hamergooi-koning Chris Harmse, Suid-Afrikaanse atletiek se grootste gouemedalje-kandidate, veral noudat daar ’n vraagteken hang oor die fiksheid van ander sterre soos Mbulaeni Mulaudzi (800) en Khotso Mokoena (verspring).

Sunette is met daai Afrika-rekord vanjaar se nommer 1 in die Statebond. Naaste aan haar 66.38 is die Brit Goldie Sayers (vanjaar 63.15) en die Australiër Kimberley Mickle (61.36).

Oor haar vooruitsigte in Nieu-Delhi: “Ek glo rêrig 2010 het my soos nog nooit tevore nie gepantser om rêrig saam met vroue-spiesgooi se grotes te gesels. Ek het ’n lang seisoen gehad en, vet weet, ek het internasionaal die beste van my lewe presteer. Ek is ’n bietjie moeg, maar ’n grote én goud vir oulaas in Indië sal die kersie op die koek vir my wees.

“Ek onderskat niemand in die Statebond nie. Maar ná alles wat vanjaar met my loopbaan gebeur het, weet ek nou, meer as ooit tevore, dat as ek die dag daai spies raak slaan, gaan iets groots gebeur. Dit lê in hierdie gooi-armpie van my.”

En dan – ná Nieu-Delhi?

“Volgende jaar is die grote die wêreldkampioenskappe in Daegu, Suid-Korea. En dan natuurlik die héél grote: die Olimpiese Spele in 2012 in Londen.”

Sunette se vorige Spele, die een in 2008 in Beijing, het vir haar binne ’n paar weke van nagmerrie tot sprokie tot wéér nagmerrie geëindig, toe sy eers ná die SA span se vertrek na Beijing in die span opgeneem is nadat die nou-vergane “ou” Atletiek Suid-Afrika (ASA) haar aanvanklik nie wou kies nie.

Sy het toe in China nie die eindronde bereik nie, maar soos sy nou sê: “Dis verby. Vandag reik ek na die wolke. En my teenstanders weet vandag hulle moet in hul pasoppens wees vir hierdie klein fightertjie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 185,995.00

FORD

Fiesta Flair 1.4i 5-dr AC MY99
2005
R 85,000.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.