Terug op wenpad

2010-03-06 22:10

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's


louis.devilliers@sport24.co.za
Dit was een van dáái dae op Nuweland wat die Mexikaanse golf ná ’n uur een van die aanskoulikste dinge van die wedstryd was, maar vyf ligapunte is vyf ligapunte en die Stormers sal nie té hard kla nie, al is hul ondersteuners dalk nie ewe tevrede nie.

Die Stormers se rugby is op die oomblik ’n bietjie soos hulle vanmelewe van Wagner se musiek gesê het: lieflike oomblikke, aaklige kwartiere.

Gister was daar darem rakelings genoeg van die eerste om taamlik maklik van ’n oorwinning met 33-0 seker te maak oor ’n span Highlanders wat werklik nie veel om die lyf het nie –?onbesielend soos die tuisspan ook al was, het dit net mooi nooit gelyk of die besoekers die pyp sou kon rook nie.

Die meeste Kaapse ondersteuners sou egter teleurgesteld gewees het. Teen ’n oorwinning kan jy nie redeneer nie, maar ’n oorwinning soos dié het g’n vrae beantwoord oor waar presies Stormers-rugby staan op die oomblik nie.
In dié stadium was hulle nog net teen die Waratahs werklik oortuigend.

Griep het dalk iets hiermee uit te waai, want die haker, Tiaan Liebenberg, moes hom weens dié siekte onttrek, terwyl Gio Aplon hierom op die reserwebank gehou is. Hul plaasvervangers, onderskeidelik Deon Fourie en Sireli Naqelevuki, het hulle egter goed van hul taak gekwyt en was inderdaad onder die weinig plaaslike spelers wat beïndruk het.

Dat Naqelevuki egter voor Fabian Juries in die tou staan, bly ’n raaisel en die skare het gejou toe die groot Fidjiaan ’n skaflike vertoning met nóg ’n hoogvat bederf het. En werk dié soek hy nie, anders as Bryan Habana, wat sy eie kanse moet probeer maak –?daar is gans te min plan om dié Bok-blits by die aksie te betrek.

Voorlangs is daar nie veel fout te vind met die Stormers nie –?hoewel hulle gister ’n paar losballe verloor het teen die Kiwi’s, het hulle die gedugte Highlander-skrum in toom gehou en ’n keer of twee puik gemaal.

Een só ’n maalbeweging het Schalk Burger ná ’n uur sien oorduik om die voorsprong 21-0 te maak en die oorwinning ’n blote formaliteit. Maar dit was vir die toeskouers ’n ewe groot verligting nadat die vorige driekwartier se rugby net ’n enkele strafdoel verskil aan die telbord gemaak het.

Hulle het met soveel gemak ordentlike rolmale van stapel gestuur dat ’n man so half begin wens het hulle doen niks anders vir die res van die wedstryd nie. Ook die derde drie van die dag was ’n eenvoudige kwessie van lynstaanbal oor die Highlanders-doellyn dryf.

Die verdediging is ook puik: Om in dié toernooi twee drieë in vier wedstryde af te staan, sit in min broeke.


Ook maar net sowel.

Want agterlangs is dinge nog lank nie dooddollies vir die Kaapse streekspan nie. Verstandhoudinge sal sekerlik vorentoe verbeter, maar swak hanteerwerk bly ’n doodsteek terwyl die meeste taktiese skopwerk van die Stormers ook nie enige vrae van hul teenstanders vra nie.

Dewaldt Duvenage is met dié doel voor oë in Ricky Januarie se plek gekies en het ’n goeie vertoning gelewer, maar na sy buitekant toe was dinge bra verstop en dooierig. Aplon het in Joe Pietersen se plek op heelagter kom diens doen en ’n keer die Highlanders disnis gebreek van agter af, net vir dié belowende beweging om skipbreuk te ly soos ’n paar ander vroeër.
Dis maklik om te sê die Stormers móés meer drieë gedruk het as hulle hul kanse behoorlik benut het, maar teen die sukkelaars van Dunedin is dit nie doodsake nie. Spanne soos die Crusaders, die Hurricanes en die Bulls sal nie hul mae ewe mak hou om gekielie te word nie.

Hoeveel beter die Stormers vanjaar kan word, is ’n ope vraag –?wat vasstaan is dat hulle sal móét beter word indien hulle enduit in die Super14 wil saam gesels.

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Condor 2400i Estate MPV MY03
2003
R 121,000.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2010
R 99,900.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.