Tuks staan op rand van Varistybeker-graf

2010-02-20 23:35

Danie Poolman van die Maties lak André Smit van die Universiteit van Johannesburg in Maandag se Varsitybeker-wedstryd in Johannesburg. Die Maties het die UJ met 43-10 kafgedraf.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Vodacombeker-reeks begin eers die naweek, maar het reeds môre ’n invloed in die samestelling van die spanne vir die vierde ronde van ENB se Varsitybeker-kompetisie.
Die Maties, wat tot dusver met hul teenstanders mors, is gelukkig dat hul Westelike Provinsie-spelers nog môre vir die studente kan speel voordat hulle die naweek die Streeptrui aantrek.
UJ, wat verlede week sleg deur die Maties afgeransel is, was nie so gelukkig nie.
Die Goudstad-studente se selfvertroue is nie net deur Maties aan repe geskeur nie, maar hulle moes ook toesien hoe die Jong Leeus nog vleis van die bene kom afkou vir hul Vodacombeker-verpligtinge.
Drie spelers uit die agttal – Justin Wheeler, David Bullbring en Wayne Swart – is Coca-Colapark toe en moes vervang word.
Al drie was tot dusver flink en daar sal veral heelwat druk wees op Wiehan Roos, wat Wheeler moet vervang.
Roos-hulle spring in ’n bus om die Pukke op die Fanie te gaan pak en die terugrit kan ’n lang, stil een wees.
Afrigter Hugo van As het Ryno Luus op losskakel gekies in die plek van André Smit in ’n poging om meer gestruktureerd te wees, maar of sy betroubare voet die deurslag sal gee, is te betwyfel.
Die Pukke het Willem Barnard op senter gekies ná hy van ’n besering herstel het en die Noord-Kapenaar kan die besoekers laat bontstaan.
Dirco Rautenbach lei tans van voor vir die Pukke en as hy sy pak aan die brand hou, gaan Barnard-hulle agterlangs baljaar.
Die terugkeer van die SA o.20-span ná sy toer uit Frankryk was manna uit die hemel vir ander spanne.
Die Shimlas kon die giftige Jamba Ulengo op vleuel insluit en Marcel van der Walt as plaasvervanger kies vir hul stryd teen die Maties.
Die Shimlas-stoomtrein loop mooi ondanks verlede week se naelskraapse nederlaag teen die Pukke, maar Wayne Stevens sal dit duidelik in sy spanmaats se koppe moet inprent dat ’n nederlaag teen die Maties hulle beker-kanse lelik gaan knou.
Die Maties kan nog vir oulaas steun op die bydraes van Conrad Hoffmann, Jurgen Visser, Lourens Adriaanse en Hugo Kloppers voordat hulle Vodacombeker toe gaan en lyk te afgerond vir die tuisspan.
Die Maties is wel sonder Dabeon Draghoender wat beseer is, maar sy plaasvervanger, Stephan van der Merwe, is self ’n lynbreker van formaat.
Ikeys, wat self op die meeste van sy silinders loop, verloor ook vir Yaya Hartzenberg, Martin Muller en Tim Whitehead ná hul stryd teen TUT.
Die besoekers sal ’n wonderwerk nodig hê om die Tigers op sy eie veld te klop. TUT se dissipline was verlede week bitter swak. Die span bly op papier ’n gedugte een, maar iets skort in die poging op die veld.
Verwag van die Ikeys om sy plek onder die laaste vier te verseker.
Tukkies ontvang NMMU se Madibaz en sal die druk verlig met nóg ’n oorwinning.
Die tuisspan is maar sesde op die punteleer en loop gevaar om die halfeindstryde te mis.
Beserings het weer sy tol geëis, maar die terugkeer van Peet Vorster as vaskop sal baie help. Sampie Mastriet is ook as plaasvervanger nadergetrek en dié Jong Bokkie kan die Baaienaars huistoe laat verlang as hy op die veld kom.
Volgens die Madibaz se kaptein, Luso Booi, het die drie nederlae (almal met vyftigtalle teen hulle) nie sy span se gees geblus nie.
“Ons skrums en losspel is goed, maar direkte lakwerk en ongedwonge foute het ons tot nou toe gekos. Ek is egter tevrede dat die harde werk in die verband ons sal help om die Tukkies te gaan verras. Ons bly positief oor ons kanse,” het hy gesê.
 

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TDi Sportline Dsl
2006
R 195,995.00

TOYOTA

RAV4 2.0 4x4 5-dr MY00
1997
R 75,500.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2005
R 99,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.