Vernederde Lions moet sterte lig

2010-03-13 23:19

Die Lions het vandag nog die bewerasies van hul Sydney-nagmerrie wat hom Vrydag afgespeel het.
Tog gaan hulle tot Donderdag in dié Australiese stad aanbly voordat hulle na Nieu-Seeland reis om nog ’n nagmerrie af te weer wanneer hulle Saterdag teen die Crusaders speel.
Die Waratahs het die Lions Vrydag met 73-12 afgeransel en het in die proses 11 drieë gedruk. Dit was die Waratahs se meeste drieë én punte nog in ’n Super-rugbywedstryd en hulle het die Lions soos ware liggewigte laat lyk.
Dick Muir, Lions-afrigter, het nie doekies omgedraai oor die swak vertoning nie en sê hy het ’n reuse-taak om sy troepe hierdie week van die vloer af te lig.
“Dit was ’n harde en frustrerende aand gewees. Veral omdat ons sulke goeie voorbereiding vooraf gehad het. Dus, as dinge só afloop, moet ons vra waar dit fout gegaan het,” het Muir gesê.
Muir lig sy span se benarde verdediging as ’n groot rede vir die nederlaag uit.
“Ons was toegewyd in die wedstryd, maar ons het ons lakwerk agterweë gelaat. ’n Mens moet krediet gee aan wie dit toekom.
“Hulle het geweldig goed verdedig. Ons het hulle hard laat werk vir hul drieë, maar hulle is ’n gehalte-span.”
Die afrigter was ook teleurgesteld in sy span se onvermoë om as ’n troosprys ’n bonuspunt vir vier drieë te behaal.
“Elke slag as die balbesit omgekeer is, het hulle gaan druk –?ja, dit was nie goed nie.”
Verskeie spelers het benede Super14-standaard gelyk en dit sluit die ervare All Black-losskakel, Carlos Spencer, in. Spencer het juis Vrydag in sy 100ste Super-rugbywedstryd gespeel.
Ander spelers soos Earl Rose en Wandile Mjekevu het ook swak wedstryde gehad en Muir sal hierdie week mooi moet be­sin oor hul voortgesette betrokkenheid op hierdie toer.
“Ons gaan ’n paar moeilike besluite moet neem. Party spelers het hulself glad nie regverdig nie.”
Die Lions se vaste fasette het ook glad nie oortuig nie en dit is moeilik om te sien hoe hulle al die probleemareas betyds kan uitstryk om hul toer met oorwinnings teen die Crusaders en die Highlanders af te sluit.
“Ons ken die aard van hierdie reeks. Ons moet bloot seker maak dat ons die ouens weer van die grond af optel. Ons het ’n paar idees, maar dit is nóú die tyd wat die spelers se karakter sal moet deurskemer.”
Die Waratahs het die Lions se verdediging reeds in die sesde minuut oopgevlek toe die vleuel Drew Mitchell gaan druk het.
Dié Wallaby het uiteindelik vier keer gaan druk en sy span was teen rustyd reeds met 33-5 voor.
Een van Josh Holmes (plaasvervanger-skrumskakel) se twee drieë moes nie toegelaat gewees het nie, want die assistent-skeidsregter, James Leckie, het nie raakgesien hoe Lachie Turner (Waratahs-vleuel) vroeër in die beweging ooglopend op die kantlyn trap nie.
Die beslissing het wel geen invloed op die uitslag gehad nie, maar dit was, soos die Lions se vertoning, nie iets wat op Super14-vlak hoort nie.
 

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 4 2.0 Highline AT
2006
R 139,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 335,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.