3 bokkie in wêreldspan

2012-12-22 23:57

Eben Etzebeth... die planeet se beste nr. 5-slot. | Foto: LEE WARREN/GETTY IMAGES

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

* HEELAGTERS

Daar sal nie lank geredekawel word oor dié ene nie, al is daar heelparty manne wat die laaste vesting bestendig én flambojant kan beman. Een van die bestes was die Wallieser Leigh Halfpenny, wat sy standaard kon handhaaf dwarsdeur sy span se November-hel. Ierland se Rob Kearney was ook op sy kop.

Israel Dagg was egter die keur. Dit was sy eerste volle toetsseisoen – en ’n man sidder ’n bietjie as jy dink dié kêrel gaan heel moontlik nog met sowat 25% verbeter.

* VLEUELS

Daar was aan die linkerkant puik jongelinge soos die Kiwi Julian Savea en die Wallieser George North, maar ou strydrosse soos Digby Ioane en veral Bryan Habana het die pap steeds dik aangemaak.

Habana se terugkeer na sy allerbeste spelpeil ná twee seisoene in ’n relatiewe wildernis was een van die blyste tydings in Suid-Afrikaanse rugby.

Nóg ’n Walliese tiener Alex Cuthbert het ook aan die regterkant beïndruk. Die Ier Tommy Bowe is onteenseglik een van die beste in die wêreld, maar vanjaar was die beste onder die regtervleuels Cory Jane.

Vergeleke met All Black-vleuels van ander jare is Jane amper vervelig, maar hy skep baie – en sy bestendigheid maak dat Dagg en Savea amper moeiteloos by toetsrugby kon inskakel.

* SENTERS

Teen dié tyd begin ’n man skrikkerig te raak oor die tros All Blacks wat jy oënskynlik gaan kies, maar op buitesenter is daar steeds g’n verligting nie. Die sterk Walliser Jonathan Davies is puik, Engeland se Manu Tuilagi het ’n keer of wat sy hand opgesteek, maar daar was niemand in Conrad Smith se klas nie. Dié All Black is ’n unieke buitesenter en ’n sprekende voorbeeld daarvan dat verstand en vernuf kan vergoed vir grootte.

Op binnesenter was daar verdienstelike vertonings deur Jean de Villiers, Jamie Roberts en Felipe Contepomi. Maar Sonny Bill Williams was giftig. Saam met Smith kan hy die dodelikste kombinasie denkbaar vorm.

* LOSSKAKELS

Dan Carter was meestal manjifiek – soos onlangs teen Skotland – maar ’n keer of wat bloot toereikend en in sy laaste toets, in die nederlaag teen Engeland, meer versukkeld as ooit in sy toetsloopbaan.

Dis te gou om sy grafskrif te skryf, al te seker, maar Aaron Cruden lyk gereed om sy skoene vol te staan as dit sou nodig wees.

Owen Farrell is op pad boontoe. So ook sy Ierse eweknie, Jonathan Sexton, maar dié is reeds ’n meneer.

Maar ek wonder hoe Frederic Michalak hierdie snellers sou aktiveer. Sy terugkeer na die topvlak was ewe onwaarskynlik as dié van Habana, maar hy het sy stryk by die Sharks herwin – en met sy uiteindelike hertoetrede tot toetsrugby die verguisde Hane eensklaps omgetower in ’n puik span.

* SKRUMSKAKELS

Op sy dag het Will Genia nie sy gelyke nie, maar in ’n goor jaar vir Aussie-rugby was dié blink Queenslander boonop vir lang rukke beseer en het hy selde sy beste vorm bereik. ’n Hele paar puik skrumskakels het hul ware in die Kelties/Italiaanse Pro12 uitgestal, met die Ier Conor Murray, Mike Phillips van Wallis en ons eie Ruan Pienaar wat goeie seisoene beleef het.

Maar hier hoef óók nie lank kopgekrap te word voordat die oë na Nieu-Seeland gedraai word nie. Aaron Smith is nie die tipiese kapokhaantjie wat die All Blacks op skrumskakel geniet nie. Sy grootste gawe is sy silwerskoon diens. Dié jong Highlander maak die All Black-agterlyn selfs gevaarliker as tevore.

* LOSVOORSPELERS

Die wêreld wemel van goeie losvoorspelers. Al was een van die konings, David Pocock, meestal op die krukkelys, het die Wallabies in Michael Hooper nóg ’n wêreldklas baljagter raakgeboor.

Francois Louw was ’n openbaring vir die Springbokke en was aan die einde van die seisoen bes moontlik die planeet se tweede beste oopkantflank. Want daar’s g’n verrassing wie nommer een was nie – Richie McCaw, wat stellig eersdaags steelkantflank toe sal moet skuif om sy doeltreffendheid te behou, maar steeds koning was van die reëlbrekers en die baljagters.

Elders is daar Thierry Dusautoir, die Haan-kaptein, sy Poema-eweknie Juan Martin Fernandez Lobbe, die Bokke se Willem Alberts en, uit die Britse Eilande, die Engelsman Tom Wood, die Ier Stephen Ferris en die Walliser Dan Lydiate, wie se besering vóór die November-toetse die fut uit sy span gehaal het nadat hy sterk aanspraak gemaak het daarop om as die voorste speler in vanjaar se Sesnasie-reeks beskou te word.

Oor die agtstemanne hoef beswaarlik geredekawel te word. Kieran Read sou die regte keuse as die IRR se speler van die jaar gewees het.

* SLOTTE

Voor in die lynstane was dit ’n nuwe geslag wat die pap moes dik aanmaak. Die beste spelers voor in die lynstaan was jong manne.

En die beste was bloedjonk – Eben Etzebeth het in sy eerste seisoen van eersterangse rugby die soort jaar beleef wat min groentjies ooit beleef en feitlik nooit ’n vaste voorspeler nie. Al wat naastenby so dinamies en lus vir die storie soos hy gelyk het, was die twee jong All Blacks, Luke Romano en Brodie Retallick.

Die nr. vier-springers het ook oorwegend nuwerige gesigte gehad. Hoewel Sam Whitelock en Richie Gray al voorheen naam gemaak het, is hulle nog jonk.

Hier was twee veterane egter vir my die beste: Nathan Sharpe het op sy oudag die Wallabies amper man-alleen in die prentjie probeer hou, maar Patricio Albacete was die keur in die Suidelike Halfrond en, per feitlike definisie, die wêreld.

* STUTTE

Die beste storie is geskryf deur die pas uitgetrede Rodrigo Roncero. Op 35 het dié Argentynse dokter vir oulaas vir die Poemas uitgedraf om hulle teen die Sanzar-lande te help akklimatiseer – én het hy al wat vaskop is harde bene laat kou.

Jannie du Plessis se bydrae tot die Bokke word onderskat en hy het sy beste eersterangse seisoen beleef.

Die wêreld se voorste vaskopstut is waarskynlik nogmaals Martin Castrogiovanni, die Italianer wat skrums vreet.

* HAKERS

Daar is leemtes in die monderings van spelers soos Keven Mealamu, Tatafu Polota-Nau, die Ier Rory Best en die Engelsman Dylan Hartley, maar hulle is spelers met vuur.

Maar dié keer is die beste kandidate die Bokke Bismarck du Plessis en Adriaan Strauss. Du Plessis was haas ongelooflik voor sy kniebesering en die naaste aan ’n onvervangbare Bok wat ons het. En toe kom Strauss. Dat hy goed was, was g’n verrassing nie, maar hóé goed het die meeste van ons onkant betrap. ’n Man sonder enige leemtes in sy spel.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 10-21°C High level clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Mild. Bfn: 4-16°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-23°C Morning clouds. Mild. PE: 11-23°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!