50-3: Streeptruie hol verslae Griekwas disnis

2010-08-07 21:33

Juan de Jongh gryp Naas Olivier gister in Kimberley in ’n klem vas tydens die Curriebekerwedstryd tussen die Westelike Provinsie en Griekwas. Die WP het met 50-3 gewen.| Foto: EMILE HENDRICKS

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

 
Die boodskap aan die Westelike Provinsie op die Diamantstad se lamppale was duidelik: Julle sal moet bloei om te wen.

Nee wat. Die Kapenaars moes gister hier vlugtig in die eerste helfte ’n bietjie sweet toe Duane Vermeulen in die koelkas was, maar het uiteindelik verspot maklik met 50-3 met Griekwas in hul Curriebeker-wedstryd op GWK-park afgereken.

Let wel: dis dieselfde veld waar die WP in die voorafgaande twee seisoene verloor het en waar die Haaie en Leeus al vanjaar ’n mistoebroodjie geëet het.

Hierdie was veronderstel om die Kapenaars se moeilikste uitdaging tot dusver te wees, maar hulle was aboluut meedoënloos en Griekwas gaan die nuwe week met bomskok begin.

Die WP se resep was aanvanklik dieselfde as in die voorafgaande vier seges – kragspel voor, rotsvaste verdediging en Willem de Waal se uiters betroubare skopvoet.

Hulle het egter in die tweede helfte flair by dié formule gevoeg – en die uiteinde was 40 van die mees indrukwekkende minute wat ’n mens seker vanjaar in Curriebeker-rugby sal sien.

Die drie wat Deon Fourie afgerond het, het herinner aan daardie merkwaardige een van Bryan Habana vir die Stormers teen die Chiefs in Hamilton vroeër vanjaar. Die oorsprong daarvan was in omkeerbesit wat byna op die WP se doellyn gewen is en die besoekers het puik bal- en kontakvaardighede in die aanloop ten toon gestel.

Ses drieë in die tweede helfte vertel die storie. Die Springbok-senter Juan de Jongh, wat as Speler van die Wedstryd aangewys is, het die fees ná agt minute se spel in die tweede helfte begin.

Twintig minute later het Gio Aplon in die ander hoekie afgerond vir die bonuspunt. ’n Mens kon amper nie glo dat die WP dit só maklik kon laat lyk nie.

Die Kapenaars het egter die grondslag reeds in die eerste helfte gelê. Hulle het hul kanse baie beter as Griekwas benut en Willem de Waal het in sy 100ste Curriebeker-wedstryd die telbord heerlik laat saamgesels.

Griekwas het baie lynstaanbesit afgestaan en het ook nie agterlangs ’n plan gehad om die WP se verdediging te klop nie.

Naas Olivier het die tuisspan vlugtig gelyk laat trek toe Vermeulen vir sy hoogvat op Richard Lawson gestraf en koelkas toe gestuur is, maar Griekwas kon niks meer as gebiedsvoordeel buit nie.

Hulle het later in die eerste helfte self vir Bjorn Basson vir 10 minute vir ’n gevaarlike doodvat op De Waal verloor.

Riaan Viljoen was ook nie soos in die seges van 2008 en 2009 oor die WP ’n faktor nie. Hy het vier skepskoppe verbrou en ’n paar belowende aanvalle het ook gesneuwel toe hy grondskoppies teen teenstanders vasgeskop het.

Dis nietemin ’n pluimpie vir die WP dat spanne die stewel moet inlê in wanhopige pogings om sy verdediging te klop.

Aplon het met sy klein lyfie twee van die grootste doodvatte in die eerste helfte uitgevoer. Peter de Villiers hoef sekerlik nie verder te kyk vir die Bokke se nr. 14-trui nie.

Dieselfde geld die nr. 13-trui terwyl Jaque Fourie sy skorsing uitdien, want De Jongh is defnitief pure Springbok.

* Punte: WP 50 (12): Drieë: Juan de Jongh, Deon Fourie, Conrad Jantjes, Gio Aplon, Pieter Louw, Lionel Cronjé. Doelskoppe: Willem de Waal (3), Cronjé. Strafdoele: De Waal (4).
Griekwas 3 (3): Strafdoel: Naas Olivier.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bloem: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Electrical Engineer (Mining)

Pretoria
EOH Recruitment Solutions
R650000 - R750000

Executive: Trading and Relationship Management

Johannesburg, South Africa
Strategy Recruitment Marketing
Market Related

Mid Level PHP Developer

Johannesburg, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 TDi Comfortline Dsl 5-dr MY10
2011
R 192,900.00

LAND ROVER

Discovery 3 4.4 V8 HSE 4x4 AT
2006
R 394,995.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 133,450.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.